Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogers in Hartswater woedend oor geld

Hartswater in die Noord-Kaap het Vrydag onder geweld deurgeloop toe oproerige inwoners dele van die dorp omgekeer het nadat geld wat vir die Nkandla-nedersetting bedoel was op ’n ander nedersetting bestee is.

Honderde betogers het Vrydagoggend vroeg bymekaargekom om hooftoegangsroetes na die dorp met klippe, brandende buitebande en rommel te versper.

Betogers het hooftoegangsroetes na Hartswater met klippe, brandende buitebande en rommel versper. Foto: Verskaf

Volgens Stan Rudman, ’n DA-raadslid, is die inwoners van Nkandla woedend omdat adv. Matshidiso Mogale, die munisipale bestuurder van die Phokwane-munisipaliteit, die R3,2 miljoen wat vir Nkandla se elektrifisering aangewend moes word, aan die Utlwanang-nedersetting gegee het.

Rudman sê Mogale het teen die besluit van die raad opgetree toe sy dié geld op Utlwanang bestee het.

Die betogings het kookpunt bereik toe ontstoke inwoners ’n gebou en stootskraper op die dorp se vullisterrein aan die brand gesteek het.

Betogers in Hartswater het ’n gebou op die dorp se vullisterrein aan die brand gesteek. Foto: Verskaf

Inwoners was glo woedend nadat Mogale hulle Vrydagmiddag toegespreek het. Hulle het polisielede met klippe en bakstene begin gooi toe die polisie rubberkoeëls en skokgranate gebruik het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê polisielede het Vrydagmiddag versperrings verwyder en hou die situasie dop.

Niemand is in die voorval in hegtenis geneem of beseer nie.

Die kantoor van die munisipale bestuurder het nie op navrae gereageer nie.

’n Stootskraper is in die betogings in Hartswater aan die brand gesteek. Foto: Verskaf

* Barkly-Wes in die Noord-Kaap het ook vandeesweek weens swak dienslewering onder betogings deurgeloop.

Die dorp is Woensdagaand tot stilstand gedwing nadat inwoners in September ’n griefskrif aan Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, gerig en haar versoek het om die dorp te besoek.

Strate in en na die dorp was onbegaanbaar en is met brandende buitebande versper.

Inwoners sê daar is geen dienslewering in onder meer Barkly-Wes, Delportshoop, De Beershoogte, Gong-Gong en Longlands nie. Hulle gaan ook die afgelope paar jaar onder krag- en wateronderbrekings gebuk.

Meer oor:  Stan Rudman  |  Noord-Kaap  |  Hartswater  |  Geweld  |  Optog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.