Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betoging in Botrivier duur voort, N2 steeds toe

Betogings oor dienslewering en behuising in Botrivier het Vrydag weer opgevlam ná ’n kort stilte Donderdagmiddag.

Die polisie en ander wetstoepassers is op die toneel in Botrivier in die Overberg, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder.

“Sowat 1 500 mense neem sedert Donderdag deel aan die betoging oor dienslewering.”

Die N2 by Botrivier is in albei rigtings gesluit vir verkeer. Luidens inskrywings op die Facebook-blad Botrivier Community News gooi betogers klippe van die berg af na voertuie.

Die polisie blus Donderdagoggend ’n brandende vragmotor nadat dit glo deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: Rasaad Adams

Die betogers het Donderdag toegang tot die dorp versper, en ’n vragmotor is glo aan die brand gesteek is.  Niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê Rwexana.

“Die munisipale raad en die burgemeesterskomitee is tans besig om te vergader om te besluit oor die pad vorentoe,” sê Hugo Geldenhuys, woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit.

“Dit is duidelik dat daar nou weer met die gemeenskap vergader moet word oor die behuisingskwessie,” sê hy.

“Die munisipaliteit het die afgelope jaar verskeie vergaderings met die gemeenskapskomitee gehou oor die behuisingsprojek wat in Botrivier beplan word. Ons het hulle ingelig oor elke stap in die proses,” sê hy.

Volgens Geldenhuys was die planne vir ’n behuisingsprojek in Botrivier verlede jaar reeds gevorderd toe die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning besluit het dat die terrein waarop die huise gebou sou word, nie geskik is vir ontwikkeling nie.

Betogers het Donderdag takke in die pad gegooi om toegang tot die dorp te versper. Foto: Rasaad Adams

Dit is op ’n stortingsterrein geleë en die gebied is daarom nie goedgekeur vir ontwikkeling nie. Volgens Geldenhuys het Eskom ook aangedui hy sal nie elektrisiteit daar installeer nie, omdat dit te gevaarlik is.

“Ons het al hierdie feite aan die gemeenskap oorgedra. Die gemeenskapskomitee het gevra vir ’n vergadering met die departement van menslike nedersettings, wat ons selfs gereël het,” sê Geldenhuys.

“Daar is baie prosesse wat gevolg moet word. Die grond moet gekoop word, ’n impakstudie moet gedoen word en verskillende staatsdepartemente is daarby betrokke.”

’n Gemeenskapsleier, Jason Johannes (41), het Donderdag gesê die munisipaliteit het nie by sy beloftes oor die voorsiening van behuising gehou nie.

“Ek praat van beloftes oor dienslewering, en die nuwe projek wat reeds sou begin het, waarby hulle nie gehou het nie” sê Johannes.

Meer oor:  Botrivier  |  Betoging  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.