Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betoging: Verkeer staan stil op besige Gautengse hoofweë

Verkeer op van Johannesburg se besigste hoofweë is Maandagoggend tot stilstand gedwing weens ’n betoging deur die Umkhonto weSizwe-Militêre Veterane-vereniging (MKMVA).

Carl Niehaus, nasionale MKMVA-woordvoerder, sê lede betoog vanweë ongelukkigheid rondom die regte en behandeling van militêre veterane.

poster

Die R24-hoofweg in die oostelike rigting net voor die N12 word deur vragmotors vir verkeer afgesluit weens die betoging.

Ure se vertragings word verwag.

Volgens ’n Twitter-gebruiker, Fareez, draai motoriste nou op die hoofweg om en ry terug na Edenvale-weg.

Motoriste word aangeraai om ander roetes te gebruik.

Die Gautrein het intussen gesê treine sal elke 30 minute vanaf platforms vertrek.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.