Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogings oor staat se spesiale Covid-19-toelae

Betogings is Vrydag landwyd gehou omdat die aansoeke vir die spesiale Covid-19-toelae van R350 per maand om middernag permanent sal sluit.

Ondersteuners van die #PayTheGrants-beweging en die Black Sash, ’n menseregteorganisasie, het ook in Pretoria opgeruk na die Uniegebou in Pretoria om ’n versoekskrif te oorhandig en ’n ope brief by die departement van maatskaplike ontwikkeling se hoofkantoor af te gee.

Moabi Pitsi, waarnemende woordvoerder van Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het Vrydag benadruk dat die aansoeke vir dié spesiale toelae om middernag sluit.

“Die uitbetalings van aansoeke wat betyds ontvang en dan goedgekeur is, kan egter tot ná 30 April duur.”

Die spesiale toelae is met die aanvang van die staat van inperking in Mei 2020 ingestel vir diegene wat geen regstreekse inkomste verdien nie en ook geen ander staatstoelae ontvang nie.

Lede van die Black Sash tydens betoog Vrydag in Pretoria waar ’n ope brief aan amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling oorhandig is. Foto: Verskaf

Esley Philander, woordvoerder van die Black Sash, het gesê hulle eis dat die spesiale toelae nie net verleng word nie, maar ook tot R585 verhoog word.

“Die toelae kan nie nou al geskrap word nie, want die pandemie is steeds nie verby nie. Inperkings kan dus weer ingestel word wat mense se lewensbestaan raak.”

Volgens Philander help die toelae ook om die ekonomie in sy geheel te stimuleer.

Sy meen egter dat dit eintlik permanent behoort te wees omdat miljoene mense in Suid-Afrika werkloos is en op kort termyn nie genoeg werk geskep kan word nie.

Die toelae kan nie nou al geskrap word nie, want die pandemie is steeds nie verby nie. Inperkings kan dus weer ingestel word wat mense se lewensbestaan raak.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het einde Februarie op ’n mediakonferensie gesê die staat sou sowat R22 miljard vir die spesiale toelae opgedok het teen die tyd wat dit verstryk.

Prof. Jannie Rossouw, hoof van die skool vir ekonomiese en sakewetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê die toelae het ongetwyfeld verligting vir mense gebring.

“Die regering het wel ruimte om dit te verleng, mits hy bereid sou wees om te besnoei aan ander dele van die begroting – soos die geld wat aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens toegewys is.”

Meer oor:  Black Sash  |  Betogings  |  Toelaes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.