Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogings op N2 ‘nou blote vandalisme, misdadigheid’

Die betogings op die N2 naby Plettenbergbaai sedert Dinsdag is nou blote vandalisme en misdadigheid, het die Bitou-munisipaliteit Donderdag in ’n verklaring gesê.

“Bitou sien dit wat oor die afgelope twee dae gebeur het, veral die misdadige aktiwiteite Woensdagaand en Donderdag in die vroeë oggendure, nie meer as betogings oor dienslewering nie,” lui die verklaring.

Een van die ondernemings in Plettenbergbaai wat gesluit is weens die betogings. Foto: Facebook

Die munisipaliteit sê die veiligheid van padgebruikers en voetgangers langs die N2 bly ’n groot probleem en daarom is die N2 by Plettenbergbaai tussen die Shell-vulstasie en Kwanokuthula steeds gesluit, en word die verkeer herlei.

“Die oorweldigende openbare getuienis is dat dit misdaad is, gepaardgaande met geweld, plundering, diefstal en vandalisme, asook die kwaadwillige beskadiging van openbare en private eiendom. Daar is ’n totale minagting vir die verlies en groot ongerief wat dit vir sake-eienaars, hul werknemers en gesinne veroorsaak.”

Die munisipaliteit sê hy keur dié optrede ten sterkste af en doen ’n beroep op getuies om verklarings by die polisie af te lê sodat misdadigers vir hul optrede gestraf kan word.

“Bitou sal sy ondersteuning aan die polisie gee,” lui die verklaring.

Die betogers het volgens die munisipaliteit tydens bemiddelingspogings geëis dat die DA-raadslede Dave Swart (wyk 2) en Anne Windvogel (wyk 4) moet bedank.

“Voorheen het hulle gevra dat Xola Matyila, ANC-raadslid vir wyk 3, moet bedank. Dit het in ’n politieke veldtog ontaard om dié drie raadslede te verwyder.”

Die munisipaliteit sê hy is nie in die posisie om die raadslede uit hul poste te verwyder nie en raai die betogers aan om die saak met die betrokke politieke partye op te neem.

Jackie Kruger berig daar is Woensdag skokgranate, rubberkoeëls en traangas gebruik om die betogers uitmekaar te jaag.

LEES MEER: N2 by Plet gesluit weens betogers wat klipgooi

Volgens die munisipaliteit is mense beseer toe betogers klippe na voertuie gegooi het, “wat nie net fisieke skade aanrig nie, maar ook die individu geweldig traumatiseer”.

Meer oor:  Bitou-Munisipaliteit  |  N2  |  Plettenbergbaai  |  Misdaad  |  Vandalisme  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.