Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogings traumatiseer gestremde kinders

Angsbevange kinders van die Amari-skool vir gestremdes in Welkom in die Vrystaat moes Woensdagaand in die skool se koshuise deur die personeellede gekalmeer word.

Betogers wat sedert Dinsdagaand buitebande brand en motors met klippe gooi se optrede naby die skool het die kinders ontstel, sê Phillip Scott, die skoolhoof.

Scott sê digte rook van die buitebande het oor die skoolterrein gehang en die personeel en kinders se asemhaling bemoeilik.

“Dit is veronderstel om ’n veilige hawe vir die kinders te wees, maar nou gaan dit so,” sê hy.

Mense het in Maart 2018 begin om grond van Harmony Gold in Welkom te beset. Foto: Alet van der Walt

Daar woon 65 kinders en 15 personeellede op die skoolterrein.

Hy sê daar is kinders wat aan epilepsie ly en ander wie se immuniteitsisteem nie sterk is nie, wat nou aan die besoedeling en trauma blootgestel word.

Die kinders kyk in die aand by hul vensters uit en sien die vlamme en rook. Baie van hulle het nie die vermoë om te verstaan wat aangaan nie, sê Scott.

Die skool het gereël dat al die kinders die naweek weggaan.

Scott sê hy het Donderdag briewe aan die polisie, Harmony Gold en nog belanghebbendes geskryf en gevra dat daar ter wille van die kinders opgetree word.

Plaaslike buurtwagte, die polisie en veiligheidsmaatskappye het baie gehelp om seker te maak die kinders is veilig, sê Scott.

Sihle Maake, woordvoerder van Harmony Gold, sê die mynmaatskappy is steeds daartoe verbind om die grond aan die munisipaliteit te skenk, maar die munisipaliteit is verantwoordelik vir die dienslewering.

Die informele nedersetting in Almaweg aan die buitewyke van Welkom is die afgelope jaar in omstredenheid gedompel.

Die grond behoort aan Harmony Gold en mense het in Maart 2018 begin om dit onwettig te beset.

Harmony Gold wou aanvanklik ’n uitsettingsbevel kry maar die maatskappy en die Matjhabeng-munisipaliteit het ooreengekom dat die munisipaliteit sal sorg dat die erwe met water, riolering en moontlik krag bedien word.

In November het Harmony Gold ’n uitsettingsbevel bekom maar op die laaste nippertjie is ’n ooreenkoms met die munisipaliteit aangegaan en die plakkers is nie uitgesit nie.

Die Dierebeskermingsvereniging se tak in Welkom is reg langs die plakkerskamp geleë, maar Angelique Heenen sê die diere is veilig en die wind het die rook weg van die hokke gewaai.

Sihle Maake, woordvoerder van Harmony Gold, sê die mynmaatskappy is steeds daartoe verbind om die grond aan die munisipaliteit te skenk, maar die munisipaliteit is verantwoordelik vir die dienslewering.

Sy sê die myn, die munisipaliteit en die gemeenskap het al verskeie kere hieroor vergader.

Meer oor:  Welkom  |  Trauma  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.