Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beurtkrag, diefstal lei tot kragkrisis in Johannesburg

Tegnici van City Power het Woensdag gespook om die elektrisiteitstoevoer na verskeie woonbuurte, insluitend Lenasia en dele van Randburg in Johannesburg, te herstel.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, word Randparkrif en Ennerdale ook deur die kragonderbrekings geraak. “Die herstel van elektrisiteitstoevoer word vertraag weens die diefstal van kabels gedurende Eskom se beurtkrag. Die kabels het krag aan City Power-substasies voorsien. Tegnici van Eskom en City Power werk hard daaraan om elektrisiteit na dié gebiede so spoedig moontlik te herstel. Ons vra inwoners om verskoning vir die ongerief wat hulle ervaar,” het Mangena gesê.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Kragkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.