Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beurtkrag: Kabeldiewe baljaar volgens sosiale media

Dit lyk volgens wat mense op sosiale media sê of beurtkrag tot heelwat ander probleme lei, soos kabeldiefstal en die plunder van elektriese infrastruktuur.

Khulu Phasiwe, nasionale woordvoerder van Eskom, sê egter daar is nie bewyse dat daar meer koperdiefstal tydens beurtkrag is nie.

Daar kan dalk ’n paar geïsoleerde gevalle wees, maar dit lyk beslis nie of daar bendes is wat hulle nou weens beurtkrag daarop toespits om koper te steel nie, sê Phasiwe.

Virginia in die Vrystaat was Donderdag lank sonder krag nadat ’n substasie tydens beurtkrag in die nag beskadig is.

Skrootmetaaldiewe het koper uit die substasie, wat aan die munisipaliteit behoort, gesteel en elektrisiëns moes ure lank werk om die kragtoevoer te herstel.

Hennenman, Virginia se buurdorp, was bykans 12 uur lank sonder krag nadat ’n kabel uitgebrand het.

Kenners waarsku dat beurtkrag daartoe kan lei dat verouderde elektrisiteitsinfrastruktuur beskadig kan word weens die aan- en afskakel van die kragtoevoer.

Menslike foute wanneer krag aan- en afgeskakel word, lei ook tot skade.

In Bethlehem het beurtkrag Maandagaand volgens Isoldé Laesecke van AfriForum daartoe gelei dat ’n transformator uitgebrand het.

’n Kragstuwing het hiertoe gelei.

Laesecke sê die Dihlabeng-munisipaliteit moes van die kabels herlei na twee ander transformators om te verseker dat die hele gebied krag het.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.