Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beurtkrag tot 20:00 Donderdagaand

Eskom sal Donderdagaand begin om beurt krag toe te pas omdat die nasionale kragtoevoer onder erge druk verkeer.

Luidens ’n verklaring deur Eskom is vlak-een beurtkrag van 17:41 by sommige munisipaliteite ingestel. Die kragonderbrekings sal volgens Eskom tot 20:00 vanaand voortduur.

Eskom het kort voor dit ’n ander verklaring uitgereik waarin die kragreus verbruikers vra om Donderdagaand krag te bespaar om die moontlike toepassing van beurtkrag te verhoed.

Die nasionale kragtoevoer sal Donderdagaand weens die staking deur Eskom-werkers onder erge druk verkeer, lui die verklaring.

Mense word aangeraai om op Eskom se webtuiste te gaan kyk of hulle plaaslike munisipaliteit deur beurtkrag geraak word.

* Eskom het beurtkrag Donderdagaand om 19:59 afgelas en krag sal weer normaal voorsien word.

Phasiwe sê dit sal by sommige munisipaliteite dalk langer neem voordat die kragtoevoer in die gebiede volkome herstel is. 

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.