Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bewerings teen UJ se visekanselier bekyk

Daar is bewerings van finansiële ongerymdhede teen prof. Ihron Rensburg, uittredende visekanselier van die Universiteit van Johannesburg (UJ) gemaak, het die universiteit bevestig.

“Die beweerde ongerymdhede het te doen met die betaling van bonusse aan Rensburg wat deur die raad goedgekeur is. Dit is in sy navorsingstrust-rekening inbetaal waarby sy persoonlike kredietkaart betrokke is,” lui ’n verklaring van die universiteit.

Prof. Ihron Rensburg, uittredende visekanselier van die Universiteit van Johannesburg.Foto: Cornél van Heerden

Die universiteit wou nie verdere besonderhede oor die beweerde ongerymdhede bekend maak nie.

Luidens die verklaring het prof. Roy Marcus, raadsvoorsitter wat bedank het, die aantygings teen Rensburg gemaak.

Dit kom nadat Marcus en die afgedankte adjunkvisekanselier van finansies, Jaco van Schoor, forensies ondersoek is oor beweerde bedrog van tot R25 miljoen.

“Die forensiese ondersoek is deur die ouditeursfirma Sizwe Ntsaluba Gobodo (SNG) gedoen en het gelei tot die bedanking van Marcus.

“Tugstappe teen Van Schoor is afgehandel wat gelei het tot die beëindiging van sy dienste met onmiddellike ingang,” lui die verklaring.

Nadat Marcus die bewerings teen Rensburg gemaak het, is SNG se ondersoek verleng om vas te stel of daar gronde vir Marcus se bewerings is.

Rensburg het by navraag gesê alle navrae oor die bewerings teen hom moet aan die universiteit se woordvoerder gerig word.

Die universiteit wil beklemtoon dat hy tans beweerde ongerymdhede ondersoek en dat hy nie die uitkoms van die ondersoek gaan vooruit skat nie.
Herman Esterhuizen

Herman Esterhuizen, UJ-woordvoerder, sê daar moet kennis geneem word dat dit slegs bewerings is.

“Die UJ-raad is toegewyd om te verseker dat etiese bestuur aan die orde van die dag is. Die universiteit gaan dus wag vir die amptelike prosesse om afgehandel te word voordat hy verder kommentaar lewer,” sê Esterhuizen.

Luidens die verklaring sal die universiteit hierdie kwessies op ’n oop en deursigtige wyse hanteer “soos wat ’n mens van ’n verantwoordelike openbare hoëronderwysinstelling verwag”.

“Die universiteit wil beklemtoon dat hy tans beweerde ongerymdhede ondersoek en dat hy nie die uitkoms van die ondersoek gaan vooruit skat nie.

“Indien daar bevind word dat geen kwaaddoenery rakende van die bewering of al die bewerings was nie, sal dit ook aan die belangegroepe gekommunikeer word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.