Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bfn-atleet en haar gids kry helde-ontvangs op lughawe
Rufus Botha, afrigter, en Dorothy Coetzee, Louzanne (tweede van links) se ma, wil bars van trots op haar en Khothatso Mokone, haar gids, sedert hul insluiting in die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span. Hier is hulle by hul aankoms op die Bram Fischer-lughawe. Foto: Elsje Waldeck

Bloemfontein. – Harde werk en toewyding.

Dít is die woorde op almal se lippe terwyl hulle opgewonde wag dat die blinde Bloemfonteinse atleet Louzanne Coetzee (23) en haar gids, Khothatso Mokone (27), op die Bram Fischer-lughawe in die stad aankom.

“En sy oefen elke keer voluit,” sê Coetzee se ma, Dorothy.

“In haar tuisstad ry ons in die motor terwyl sy draf. En wanneer haar FitBit sê sy het nog 100 m oor, dan maak sy daardie 100 m klaar.”

Coetzee en Mokone is met ballonne in die kleure van die Paralimpiese Spele en groot bosse blomme verwelkom

Louzanne en Khothatso op die lughawe. Foto: Elsje Waldeck

nadat hulle die afgelope week aan die grand prix-byeenkoms vir gestremde atlete in Berlyn, Duitsland, deelgeneem het.

Dit is hier waar sy weer die Afrika-rekord in die 1 500 m herower het en gehoor het sy is in die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span ingesluit.

“Ek het dit in ’n mate verwag,” sê Mokone.

“Ek was baie positief, want Louzanne het elke keer haar tyd verbeter.”

Louzanne skud haar kop.

“Ek het aanhoudend vir hom gesê om nie te positief te wees totdat die span aangekondig is nie,” sê sy.

Hulle lag.

Rufus Botha, haar afrigter, se bors swel van trots.

“Maar ons het altyd in hulle geglo,” sê hy.

Rufus Botha, afrigter, wens Louzanne en Khothatso geluk toe hulle op die lughawe aankom. Foto: Elsje Waldeck

Botha sê vandat Mokone Coetzee se gids is, het sy gewys sy het spoed.

“Sy het my verras. Ek het altyd gedink sy sal ’n langaf-

standatleet word, maar hier het sy, saam met Khothatso, bewys sy kan vinnig hardloop.”

Louzanne stem saam.

“Saam met hom (Mokone) is ek nou ’n bietjie gemakliker daarmee om vinnig te hardloop.”

Hoewel Mokone nog altyd ’n goeie atleet was, is hy nooit vir die Olimpiese span gekies nie.

“Maar noudat Louzanne gekies is, kry ek ook die geleentheid om my land te verteenwoordig. Ons is regtig baie geseënd,” sê hy.

Wanneer hulle hardloop, is hy meestal Coetzee se grootste motiveerder.

“Nee, ek praat nie baie terwyl ons hardloop nie,” sê Coetzee.

“Maar hy weet presies wanneer om wat te sê. En ek dink dit bring die beste in my na vore.”

Louzanne kry ‘n druk van haar ma, Dorothy. Foto: Elsje Waldeck

Mokone sê sy atletiek-agtergrond help hom daarmee.

“Ek kan aan haar liggaamstaal voel wanneer sy moeg word. Dan sal ek aanhou om haar te motiveer en haar help om die pas vol te hou.”

Ma Dorothy sê sy en Coetzee se pa, Pieter, is nog nie seker of hulle saam Rio de Janeiro toe gaan nie.

“Ons wil nie hê sy moet haar fokus verloor nie. En wanneer hulle daar is, kan hulle ook nie eintlik toeriste wees nie. Hulle sal moet oefen totdat hulle deelneem.”

Maar vir eers gaan hulle eers ’n paar dae rus voordat die voorbereiding vir Rio begin, sê Botha.

“Maandag begin ons met die program en dan eers weer ’n bietjie basiese beginsels sodat ons ons goed vir Rio kan voorberei,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.