Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bfn-dieretuin skoonste nóg; diere versorg, sê DBV

Ná die skielike sluiting van die Bloemfonteinse dieretuin in Desember verlede jaar is dit nou blykbaar die skoonste wat dit tot nog toe was.

Die diere in die Bloemfonteinse dieretuin is gesond en mooi versorg sedert die dieretuin skielik sy hekke in Desember gesluit het.
Bobbejane in 'n hok is goed versorg en kry genoeg kos. Die dieretuin is in Desember skielik gesluit omdat die Mangaung-metro nie die nodige permitte gehad het om wilde diere daar aan te hou nie.

Volgens Reinet Meyer van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein was die dieretuin nog nooit so skoon nie.

Meyer sê die DBV bring weekliks, of soms selfs twee keer ’n week, besoek aan die dieretuin om inspeksie te doen.

“Ná gereelde inspeksies het ons bevind dat die toestand van die diere bevredigend is.

“Daar is werknemers wat die hokke skoonhou en vir die diere genoeg kos en water gee.”

Die sebras se kamp word daagliks skoongemaak en skoongehou. Die gras word ook kort en netjies gehou.
Die kamp waar gemsbokke, elande en volstruise hou is mooi skoongemaak en versorg.

Die dieretuin is summier in Desember gesluit nadat bepaal is dat die Mangaung-metro nie die nodige permitte het om wilde diere daar aan te hou nie.

Meyer sê die algehele toestand van die dieretuin het baie verbeter sedert die metro die permit in Desember verloor het.

Die metro kon ondanks verskeie versoeke van Netwerk24 nie duidelikheid gee oor of die dieretuin binnekort sy hekke weer sal oopmaak vir die publiek nie.

Dit is ook nie bekend of die nodige permitte bekom is om wilde diere aan te hou nie.

Die inwoners van Bloemfontein is bekommerd oor die welstand van die diere wat in die dieretuin agtergebly het.

“Dit is juis as gevolg van dié kommer dat ons deeglike ondersoek instel om seker te maak dat die diere gesond en versorg is,” sê Meyer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.