Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bfn-stadsaal se ‘restourasie’ begin uiteindelik

Meer as ses maande nadat Bloemfontein se geskiedkundige stadsaal afgebrand het, is die gebou amptelik aan plaaslike kontrakteurs vir die “restourasie” daarvan oorhandig.

’n Emosionele Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester, het by geleentheid van die oorhandiging gesê die versekeraars sal toesien dat die gebou tot sy oorspronklike vorm herstel word.

Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro (regs), en Anton Roodt, bekende Bloemfonteinse argitek, by geleentheid van die oorhandiging van die projek aan die kontrakteurs.Foto: Marietjie Gericke

Dié brand het die hele land en die wêreld geskok, het Mlamleli Vrydag gesê.

Groot skade is aan die gebou aangerig toe ’n brand op 21 Junie 2017 ten tyde van ’n staking van Samwu (Suid-Afrikaanse Munisipale Werkers-unie) uitgebreek het.

Mlamleli het benadruk dit is ’n restourasieproses en nie ’n herbouproses nie. Die kompleks, wat die stadsaal insluit, was vir R200 miljoen verseker.

Die werk behoort in Oktober 2019 voltooi te wees.

Vlamme woed die aand van 21 Junie 2017 in die Bloemfonteinse stadsaal. Foto: Marietjie Gericke

Baie tyd is aan die beplanning van die werk bestee. Mlamleli het Vrystaat Erfenis en die Vrystaatse Instituut vir Argitekte vir hul steun bedank.

Anton Roodt van Roodt Argitekte in Bloemfontein het gesê die werk sal uitdagend wees. Die gebou se gesofistikeerde struktuur is in die vroeë 1930’s opgerig met uitsonderlike en kunstige vakmanskap – kenmerkend van die werk wat in verskeie oorsese lande gelewer is.

Mlamleli wat “opgewonde én emosioneel” oor die herstelwerk is, het onthul sy is destyds ná die brand in die hospitaal opgeneem.

“Daardie verskriklike dag waarop die stadsaal aan die brand gesteek is, was so erg dat ek van skok in die hospitaal opgeneem moes word.”

Dit voel nou vir haar of almal weer hul hoop op God gevestig het. “God luister na ’n mens se gebede. Daar is hoop. Ek moes baie kritiek verduur van slegte Christene met slegte harte oor die brand van die stadsaal. Baie leuens is ook versprei. Mense het ons ook daarvan beskuldig dat ons nie omgee nie, maar ons gee om.”

Mlamleli het ’n stekie ingekry na die DA wat ná die brand rose by die stadsaal gaan plaas het.

Volgens haar het die opposisieparty “net probeer om vir homself politieke punte uit ons verlies aan te teken”.

Mlamleli het die stadsaal as “een van die stad se ikoniese sandsteen-geboue in Pres. Brandstraat” besing.

  • Die gebou is deur Sir Gordon Leith ontwerp. Die westelike ingang van die Clarendon-saal het twee groot granietbakke aan weerskante – soortgelyk aan dié van Viceroy’s House in Nieu-Delhi, Indië.
Die Mangaung-metro het die Bloemfonteinse stadsaal vir “restourasiewerk” aan plaaslike kontrakteurs en argitekte oorhandig. In die middel staan Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester. Vierde van links is Anton Roodt, argitek.Foto: Marietjie Gericke
Meer oor:  Samwu  |  Olly Mlamleli  |  Bloemfontein  |  Brand  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.