Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bian het 8 oupas, oumas en grootjies by grootouerdag

Die meeste kleuters is gelukkig as hulle ’n gas of twee by die oupa-en-oumadag kan verwelkom.

Bian Pretorius (3), ’n leerling aan die Laaities en Ladies-kleuterskool in Brakpan, Ekurhuleni, was Vrydag geseënd genoeg om agt van sy grootouers by sy skool te verwelkom.

“Ek dink nie hy het regtig mooi verstaan wat aangaan nie,” sê Jo-Anne Bonthuys, Bian se ouma.

Heel voor is Bian Pretorius, die gelukkige outjie met so baie oumas en oupas. In die tweede ry is Ben en Hettie Bonthuys, Bian se oupa- en oumagrootjie, oupa Piet Botes en ouma Manda Pretorius, Pat Botha, oumagrootjie, ouma Jo-Anne Bonthuys en Miem Jordaan, oumagrootjie. Heel agter is oupa Piet Botes, ouma Manda Pretorius en Ben Bonthuys jr. Foto: Nadine Harmse

“Hy sien ons almal gereeld, so dit het nie regtig by hom ingesink dat hy baie meer oumas en oupas as die res het nie.”

Sy grootouers woon almal in die Gauteng-area.

Dié dag het egter vir sy agt grootouers baie beteken.

“Ek het aan die begin nie vreeslik baie daaraan gedink nie, maar toe die tyd nader kom, het ek besef hoe spesiaal dit is,” sê Jo-Anne.

“My skoonma (Hettie Bonthuys) en my ma (Pat Botha) is nie meer so gesond nie.

“My skoonma sê juis ons weet nie wie is nog oor ses maande hier en wie is nie meer hier nie.

“Niemand is op hul sterfbed nie, maar die lewe is maar anderste en jy weet nooit wat volgende gebeur nie.”

Die kleuters het vir die grootouers gesing en rympies opgesê, “maar Bian wou niks daarvan weet toe hy ons sien nie”.

Die gaste en die kleuters het ook lekkergoed ontvang en tee gedrink.

Leah Delport was ook baas van die plaas omdat sy vyf grootouers by oupa-en-oumadag verwelkom het.

Meer oor:  Brakpan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.