Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bid vir Danny Titus, vra familie ná hy in koma verval

Die familie van dr. Danny Titus (63), voormalige direkteur van kultuur van die ATKV, vra vir gebede nadat hy vroeër vandeesweek ’n oogoperasie ondergaan en komplikasies ingetree het.

Volgens sy dogter, Dalene Titus, was hy Dinsdag onder die mes om ’n katarak en bloeding te verwyder.

“In die herstelkamer het sy hart opgehou klop en kardiopulmonêre resussitasie is toegepas,” sê sy.

Titus is sedertdien in ’n koma in die waakeenheid,

“Dit is ’n baie moeilike tyd. Hou my pa asseblief in jul gebede,” sê Dalene.

“Ons kan hom tans ook nie besoek nie weens die Covid-19-pandemie, so ons glo dat God daar sal wees terwyl ons nie kan nie,” sê Dalene.

Danny Titus

Titus het einde Mei ná 12 jaar by die ATKV afgetree. Sy tyd by dié organisasie was ’n hoogtepunt in sy deurlugtige loopbaan, waarin hy onder meer poste by die Verenigde Nasies (VN) en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie beklee het.

Titus is voorsitter van die DAK Netwerk, ’n organisasie wat hom beywer vir die ontwikkeling van en navorsing oor voorheen benadeelde Afrikaanse gemeenskappe.

Hy het sy BA LLB in 1982 aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf en is in 1983 toegelaat as advokaat van die hooggeregshof van Suid-Afrika.

Titus het as staatsaanklaer by die departement van justisie gewerk en in 1987 die land verlaat om aan die Universiteit van Leiden in Nederland verder te studeer.

Hy het ’n meestersgraad en doktorsgraad in die regte in die buiteland verwerf en in 1993 teruggekeer na Suid-Afrika.

Titus is ook bekend om sy meningstukke op Netwerk24.

Dr. Danny Titus: vegter vir menseregte, taal en kultuur. Foto: Lerato Maduna

Meer oor:  Atkv  |  Danny Titus  |  Katarak  |  Bloeding  |  Operasie  |  Koma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.