Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bid Vrydag saam vir SA se boere

’n Biduur vir boere wat toenemend die teiken van plaasmoorde en -aanvalle is, word Vrydag tussen 17:00 en 18:00 deur AfriForum en Pretoria FM gehou.

Die biduur sal deur Pretoria FM en verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai word, sê AfriForum in ’n verklaring.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sal ook praat oor dié organisasie se veldtog teen plaasaanvalle en -moorde, terwyl Hennie Human, ’n predikant en trauma-ondersteuningsbeampte by AfriForum, sal praat oor die invloed van ’n plaasaanval op slagoffers en hul gesinne en hoe dit hul geestesgesondheid beïnvloed.

’n Biduur vir boere word Vrydagaand deur AfriForum en Pretoria FM aangebied. Foto: Argief

Human sal die gebed lei.

AfriForum het verlede week ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur waarin hy sekere voorstelle maak oor hoe die probleem van plaasmoorde en -aanvalle gepak kan word.

Ramaphosa het Woensdagaand op ’n aanlyn imbizo met Suid-Afrikaners gesê hy is baie bekommerd oor dié aanvalle.

TLU SA het verlede week gesê daar was vanjaar reeds 26 plaasmoorde en 141 plaasaanvalle in die land.

Meer oor:  Afriforum  |  Ian Cameron  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.