Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bielie van ’n eier laat die oë rek

’n Bielie van ’n eier wat die skaal op 144 g trek is Vrydag op ’n plaas tussen Velddrift en Malmesbury ontdek.

Die reuse eier teenoor ’n gewone, groot eier.
Die reuse eier verdwerg ’n gewone, groot eier.
Die skaal wys die eier weeg 144 g.

Presies watter hoenderhen die eier gelê het, is egter ’n geheim omdat dit ’n plaaseier, oftewel ’n free range egg, is.

Jaco Kriek, bestuurder van Success Ventures (Edms) Bpk. (Golden Yolk), vertel die plaaseier is gekry in ’n hok op die plaas. “Dit is ’n free range-hok, so ons weet nie watter hoender die eier gelê het nie.”

Die plaaseiers word verkoop onder die handelsnaam Flaminkvlei, en die spesifieke eier is gelê op die maatskappy se plaas by Paardeberg tussen Velddrift en Malmesbury. Die maatskappy het nog ’n soortgelyke plaas by Velddrift.

Kriek sê dit is egter nie die eerste keer dat hulle op so ’n groot eier afkom nie. In die verlede was daar ook ’n eier van 142 g. “Ons het dié eier oopgebreek en binne-in was nog ’n eier. Dit was as’t ware ’n eier bo-op nog ’n eier.”

Die eier van 144 g gaan hulle nie nou oopbreek nie, sê hy. “Ons het nog nie enige planne met die eier nie. Vir eers bly die eier net so.”

Volgens Guinness-wêreldrekords het die swaarste eier wat deur ’n hoenderhen gelê is 454 g geweeg en ’n dubbele dop en eiergeel gehad. Die eier is op 25 Februarie 1956 deur ’n Wit Leghorn in Vineland, New Jersey in Amerika gelê.

https://www.guinnessworldrecords.com/world-records/heaviest-chicken-egg

Meer oor:  Success Ventures (Edms) Bpk. (Golden Yolk)  |  Jaco Kriek  |  Velddrift  |  Malmesbury  |  Eier  |  Ontdek  |  Plaas  |  144 G  |  Hoenderhen  |  Plaaseier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.