Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bielie van 'n springbokram haal R1,55 m
Hercules, die trofee-springbokram met ’n totale horingmate van 49? duim, is verlede week vir 'n allemintige R1,55 miljoen opgeveil – ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord.

’n Bielie van ’n springbokram.

Dit is hoe Hercules, ’n springbokram met ’n totale horinglengte van net meer 49 duim, beskryf kan word nadat hy onlangs vir ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys van R1,55 miljoen opgeveil is.

Dié spogram beklee tans ook die eerste plek op die Safari Club International-metode se ranglys met sy linkerhoring van meer as 17 duim en sy regterhoring van 18¼ duim.

Julian Theron, van Jules of the Karoo in die Richmond-distrik in die Noord-Kaap en teler-eienaar van Hercules, sê dit het baie jare geneem om te kom waar hy vandag is.

Mense is bereid om baie vir skaars wild te betaal. En wanneer ek praat van skaars, bedoel ek ’n gewone springbok met horings van 18 duim.
Julian Theron

“Ek is sedert die sewentigerjare al in dié bedryf en dit is net danksy doelbewuste selektiewe teling wat Hercules sulke horings het,” sê hy.

Hercules, wat drie en ’n half jaar oud is en met ’n Kalahari-bloedlyn spog, is op 17 Februarie by die Tina de Jager Valley Venture Stud and Friends-veiling by Bela-Bela opgeveil.

Jacques Malan van die wildplaas Lumarie was die gelukkige om met Hercules weg te stap.

Theron sê die prys verbaas hom nie, want ’n springbokram met horings van 18 duim is baie skaars.

“Dis hoekom die kopers die prys so gejaag het. Daar was nog ’n hele paar mense rondom R1 miljoen wat gebie het omdat die bok so skaars is. Dit is te danke aan jare se seleksie en teling.”

Die vorige rekordprys van R1,2 miljoen was vir Basjan, ook geteel deur Theron.

“Die wildbedryf gaan nog baie goed aan, want daar is nou hoëkwaliteit- diere beskikbaar. Mense is bereid om baie vir skaars wild te betaal. En wanneer ek praat van skaars, bedoel ek ’n gewone springbok met horings van 18 duim.”

Hy sê dit is al baie meer as wat hy destyds vir ’n springbokram gekry het.

“Dit is R1 miljoen meer as my eerste veiling sedert ek in die tagtigerjare springbokke begin koop en laat opveil het.”

Jules of the Karoo fokus nie net op springbokke nie, maar ook op gemsbokke.

“Ek laat hulle jag en doen ook lewendige verkope.”

Meer oor:  Richmond  |  Veiling  |  Springbokke  |  Wild
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.