Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bierbottel, skyfie-pakkie van vorige eeu in Kango-grotte gevind

’n Ou bruin bierbottel en ’n Willards-skyfie-pakkie wat van die vorige eeu dateer is in die Kango-grotte by Oudtshoorn gevind.

“Die items is Sondag in die ingang van die grotte tydens ’n skoonmaakproses gevind,” sê Alison Moos, die grotte se bedryfsbestuurder, by navraag.

“Dit dateer moontlik uit die laat 1970’s of vroeë 1980’s.”

Dit is onbekend hoe die items daar beland het of hoe lank dit in die ingang was.

’n Foto van die Carling Black Label-bierbottel en die Willards Crinkle Cut Texas Chilli-skyfiepakkie is Maandag op die grotte se Facebookblad geplaas. Mense word hierby gevra of hulle weet van wanneer die items dateer. Die plasing lui: “Die items is gevind tydens ons skoonmaak van die grotte, versteek in een van die baie holtes. Circa?”

Dit het heelwat kommentaar ontlok.

Facebook-gebruikers meen die items kan moontlik van die middel tot laat 1980’s dateer. Die bierbottel is in ’n vorm wat nie meer gebruik word nie.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit het verlede week bekend gemaak dat toere na die grotte weens die Covid-19-pandemie tydelik opgeskort is. Die grotte ontvang jaarliks sowat 250 000 besoekers.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Rommel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.