Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Biko sal in graf omdraai oor onveilige gebou’

“Steve Biko sal in sy graf omdraai as hy hoor dat staatswerkers in geboue moet werk wat nie geskik is daarvoor nie. Dit is nie waarvoor hy geveg het nie.”

Dit was die kwetsende kritiek wat Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie (Saftu), gehad het vir die Gautengse regering nadat drie brandbestryders verlede week in die Bank of Lisbon-gebou in die Johannesburgse middestad dood is toe hulle ’n brand daar bestry het. Provinsiale amptenare het in die gebou gewerk.

Zwelinzima Vavi. Foto: Daily Sun

In ’n verslag wat in Augustus uitgereik is, is bevind die gebou voldoen aan slegs 21% van veiligheidsvereistes.

Vavi het Woensdag op die roudiens in die Ellispark-arena in Johannesburg gesê Saftu en die munisipale vakbond Demawusa sal die regering hof toe probeer sleep.

“Werkers moenie na ’n werkplek gaan waar hulle beseer kan word omdat hul omgewing onveilig is nie. Ons gaan die regering namens die families en die werkers dagvaar. Dit gebeur as jy ’n regering het wat nie omgee nie,” het hy gesê.

Familielede en kollegas van die drie oorledenes, Simphiwe Moropane (28), Khathutshelo Muedi (37) en Mduduzi Ndlovu (40), het Woensdagoggend ’n kranslegging by die gebou wat die Gautengse departement van gesondheid, infrastruktuurontwikkeling en menslike nedersettings gehuisves het, bygewoon.

Herman Mashaba, Johannesburgse burgemeester, en talle ander hooggeplaastes het die emosionele geleentheid ook bygewoon.

Mashaba het by die roudiens gesê die metro sal voortaan die eiendomsbelasting op geboue in die middestad wat gekaap is, verhoog om hul oorspronklike eienaars op te spoor om die geboue weer leefbaar te maak.

“Ons wil die middestad terugvat en dit ’n veiliger plek vir almal maak,” het hy gesê.

Hy het ook gesê die metro is besig om 25 nuwe brandweerwaens aan te skaf.

“Ons sal al die moontlike besluite neem om die veiligheid van ons nooddienspersoneellede te verseker..

“Geen woorde kan regverdiging of genesing vir die hartseer bring nie, maar die metro, asook die mense van Johannesburg, is ontsettend dankbaar vir die grootste opoffering wat hierdie brandbestryders gemaak het,” het hy gesê.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, het in sy toespraak gesê Moropane, Muedi en Ndlovu se name sal op die stad se gedenkmuur bygevoeg word.

“Hulle was dapper en het hul lewe ten volle gelewe. Ek sal tot my dood toe stry met iemand wat sê hulle het nie genoeg gedoen vir ander mense se veiligheid nie. Hulle is ware helde, nie net van Johannesburg nie, maar van die land,” het Sun gesê.

Meer oor:  Saftu  |  Steve Biko  |  Zwelinzima Vavi  |  Brandbestryders  |  Onveilige Geboue  |  Roudiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.