Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bill Gates wéér rykste; besoek Khayelitsha

Die aankondiging dat Bill Gates wéér die rykste mens ter wêreld is, het saamgeval met ’n besoek Vrydag aan Khayelitsha in Kaapstad.

Bill en Melinda Gates het Vrydag die reënweer in Kaapstad getrotseer om die Inkanini Primary School te besoek. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Hy en sy vrou, Melinda, het die reënweer getrotseer om die Inkanini Primary School te besoek. Dit is ’n nuwe skool met sowat 560 leerlinge wat verlede jaar in die Zwelitsha- informele nedersetting geopen het. Die Gates-egpaar het ook ’n kleuterskool in ’n ander, nabygeleë informele nedersetting besoek. Dit is nie duidelik wat die doel van hul besoek was nie, berig Businessinsider.co.za.

Gates het al groot bedrae geld in Suid-Afrika belê deur middel van die Bill Gates-stigting, wat Suid-Afrika as een van tien lande geïdentifiseer het waar die stigting glo hy die grootste uitwerking kan hê. Die stigting het reeds in meer as 100 Suid-Afrikaanse organisasies belê, wat fokus op die ontdekking van nuwe medisyne teen MIV en tuberkulose, asook die behandeling en voorkoming van dié siektes. Sommige van hierdie organisasies is ook betrokke by die landbou, watersanitasie en higiëne.

Gates het die posisie as rykste mens ter wêreld vandeesweek teruggeneem van Jeff Bezos, Amazon se bestuurshoof wat die afgelope twee jaar dié titel gehad het, berig The Economic Times.

Bill Gates daag by die Inkanini Primary School in die Zwelitsha- informele nedersetting by Kaapstad op. Foto: Gallo Images/Brenton Geach
Bill Gates Vrydag in Kaapstad. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Bezos het Gates weer in 2018 as rykste mens in die wêreld onttroon, nadat Gates 24 jaar lank die rykste was. Bezos se fortuin is nou verbonde met Amazon se aandeleprys, maar dié organisasie was die afgelope week onder druk op die vooraand van ’n winsopdatering Donderdag.

Bloomberg het bespiegel dat Gates moontlik nie sy topposisie as rykste persoon in die wêreld sou prysgee indien hy nie soveel filantropiese werk gedoen het nie. Hy het sedert 1994 meer as $35 miljard (sowat R511 miljard) aan die Bill & Melinda Gates-stigting geskenk. Gates, die stigter van Microsoft, se netto waarde is sowat $105,7 miljard (R1544 miljard). Fin24

Meer oor:  Amazon  |  Microsoft  |  Bill Gates  |  Jeff Bezos  |  Khayelitsha  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.