Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bishops-juffrou, beurtkrag die meeste op Google gesoek

Woensdag het meer as 200 000 mense die woord “loadshedding” op die soekenjin Google ingetik, nadat Eskom vir die eerste keer in meer as ses maande beurtkrag ingestel het.

Suid-Afrikaners het ook Sondag meer as 50 000 soeknavrae na “Fiona Viotti” gedoen en Maandag ’n bykomende 50 000 soektogte na “Bishops teacher”.

Fiona Viotti (30)Foto: Argief

Donderdag is 20 000 soeknavrae gedoen met die trefwoorde “Fiona Viotti videos”, lui ’n verklaring van Google.

Viotti, wat vandeesweek gesamentlik meer as 170 000 Google-soektogte gegenereer het, is sedert Sondag in die kollig weens ’n beweerde seksuele verhouding met ’n 18-jarige matriekleerling aan Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Teen Donderdag is eksplisiete foto’s en video’s van Viotti op sosiale media versprei en op ’n gewilde pornografiese webwerf gelaai.

Ander onderwerpe wat mense vandeesweek op Google gesoek het, is meer as 20 000 soeknavrae vir “Multichoice” ná berigte van ’n brand by hul kantoor in Randburg waar die gebou ontruim moes word.

Eliud Kipchoge, die Keniaanse atleet wat die eerste persoon geword het wat ’n marathon in minder as twee uur voltooi, is Saterdag nog 20 000 keer gesoek.

Luidens die verklaring word inligting oor soektendense uit Google-data verkry, gegrond op wat Suid-Afrikaners by die soekenjin ingetik het.

Google verwerk meer as 40 000 soeknavrae per sekonde. Dit kom neer op meer as ’n miljard soektogte per dag wêreldwyd.

Meer oor:  Google  |  Fiona Viotti  |  Soektog  |  Ikt  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.