Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bishops-seksskandaal: Juffrou ‘omgekrap en ontsteld’
Fiona ViottiFoto: Argief

Fiona Viotti, voormalige onderwyseres by Bishops College in Rondebosch, was Maandag nog ontsteld en omgekrap ná die nuus dat die skool se ondersoek haar skuldig bevind het aan “seksuele wangedrag” met leerlinge van die skool.

“Die hele ding is vir haar uiters uitputtend en uitmergelend, en sy sukkel steeds om dit te verwerk,” sê William Booth, haar prokureur. Hy sê sy ontvang steeds mediese behandeling, hoewel sy nie meer in die kliniek behandel word waar sy vroeër opgeneem is nie.

Guy Pearson, skoolhoof, het Maandag in ’n verklaring bekend gemaak die skool het in ’n ondersoek bevind dat Viotti onvanpaste seksuele verhoudings met minstens vyf seuns in die skool gehad het.

Die skool het egter gesê hulle kan nie teen haar optree nie omdat sy reeds bedank het. Hulle het dit wel “by die relevante owerhede aangemeld”, sê Pearson in ’n verklaring.

Pearson sê Viotti en haar regspan het aanvanklik aangedui hulle sal hul volle samewerking gee met die ondersoek, maar het glo later geweier om ’n onderhoud met ondersoekers toe te staan.

“Verder is die ondersoekbeamptes ingelig dat sy nie bereid was om enige skriftelike kommentaar op die meriete van die saak te lewer nie,” lui die skool se verklaring.

Ek was bang dat haar weergawe na die media sou uitlek. Dit is nie ’n risiko wat ons bereid was om te loop nie.

Booth sê hy het haar afgeraai om ’n onderhoud toe te staan omdat dit haar dalk later sou benadeel.

“Ons weet van die moontlikheid dat die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers (Sace) dalk ’n ondersoek van sy eie gaan doen, of reeds besig is daarmee.

“Sy was onder mediese behandeling toe ons genader is vir ’n verklaring of ’n onderhoud. Sy was nie in die regte toestand om haar weergawe te gee nie,” sê Booth.

“Nog ’n bekommernis was die vertroulikheid van die verklaring. Ek was bang dat haar weergawe na die media sou uitlek. Dit is nie ’n risiko wat ons bereid was om te loop nie.”

Nadat die skool die bevindings van die ondersoek bekend gemaak het, het Viotti se familie haar ondersteun, sê Booth.

“Wat my betref het sy geen misdaad gepleeg nie, en sy is nie in ’n hof skuldig bevind aan enige oortreding nie.

“Die skool het voorheen gesê al die betrokke seuns was ouer as 16 ten tyde van die verhoudings. Dit is die toestemmingsouderdom vir seks met ’n volwassene, en daarom word dit nie as ’n misdadige oortreding gesien nie.

“Wat betref die skool se ondersoek, het sy die reg om geen kommentaar te lewer nie,” sê Booth.

Meer oor:  Guy Pearson  |  William Booth  |  Fiona Viotti  |  Bishops College
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.