Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Blinde atleet breek tegnies wêreldrekord
Louzanne Coetzee saam met haar afrigter, Rufus Botha. Foto: Verskaf

Tegnies is sy die eerste blinde vrou in die wêreld wat 5 000 m onder 20 minute kan hardloop, maar omdat die Vrystaat-kampioenskap nie ’n goedgekeurde byeenkoms was waaraan Louzanne Coetzee (22) deelgeneem het nie, kan sy nie die wêreldrekord amptelik op haar kerfstok sit nie.

“Maar ek het Vrydag my eie Suid-Afrikaanse rekord verbeter, so tegnies is die Suid-Afrikaanse rekord nou vinniger as die wêreldrekord,” sê sy.

Benewens dié splinternuwe rekord, beklee Coetzee ook tans die vyfde plek in die wêreld in die 800 m en die negende plek in die wêreld in die 1 500 m vir gesiggestremdes.

Coetzee is steeds baie nederig, maar ook in haar skik met haar prestasie.

Ek het gou agtergekom ’n mens moenie vir Louzanne oppiep nie. Aan die begin het sy, nes enige ander atleet, haar nerwe afgeval.

“Ek is baie bly, maar dit was ’n baie moeilike resies. Daar was omtrent 50 mense wat daaraan deelgeneem het, so die baan was baie vol.”

Haar afrigter, Rufus Botha, is net so trots op haar.

Louzanne Coetzee en haar gids, Khotatso Mokone, op ’n byeenkoms vroeër. Foto: Rufus Botha

“Sy werk baie hard. Ek glo met haar nuwe gids, Khotatso Mokone, kan hulle net van krag tot krag gaan. Hulle staan ’n goeie kans om Paralimpiese Spele toe te gaan,” sê hy.

Botha het haar ongeveer vier jaar gelede begin afrig.

“Dit was maar ’n groot uitdaging, want ek het nog nooit ’n blinde atleet afgerig nie. Maar ek hou van uitdagings.”

Hy wil eerder met mense werk wat nog nie hul beste bereik het nie.

“Dis maklik om ’n kampioen af te rig, maar ek wil kampioene máák. Ek wil atlete die beste maak wat hulle is.”

Met Coetzee het hy gou geleer ’n mens moet blinde mense nes ander mense hanteer.

“Ek het gou agtergekom ’n mens moenie vir Louzanne oppiep nie. Aan die begin het sy, nes enige ander atleet, haar nerwe afgeval. Maar ek moes haar nie jammer kry nie. Sy is nie ’n softie nie.”

Volgens Botha is Mokone ook die beste ding wat met Coetzee kon gebeur.

“Vandat sy saam met hom begin hardloop het, is sy uit haar comfort zone. Sy menslikheid, passie en dryfkrag help haar baie. Hy is ’n baie goeie motiveerder vir haar. ’n Bakgat ou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.