Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Blinde student sterf; kon nie pa se dood verwerk
Johandré den Haan en sy gidshond, Elbé. Foto: Facebook

’n Geliefde blinde student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is Dinsdag in die vroeë oggendure oorlede.

Johandré den Haan (23) is die seun van Johan den Haan (48) wat in Januarie dood is toe ’n vragmotor vol landmyne ontplof het in Jemen waar hy as projekbestuurder gewerk het vir ’n maatskappy wat myne onskadelik stel.

Sy vriende sê Den Haan, ’n diabeet, kon nooit sy pa se dood verwerk nie.

Luzanne Britz, ’n vriendin, sê hy was vir twee weke in die waaksaal van die Mediclinic Bloemfontein nadat sy suikertelling onverwags tot 22 gestyg het. Sy hart het gaan staan nadat hy longontsteking opgedoen het.

Sy ma, Adri, sê sy dood was ’n geweldige skok nadat sy toestand aanvanklik verbeter het.

Diego Rex, ’n vriend en klasmaat, sê hy glo Johandré se diabetes is vererger deur sy pa se dood. Dit het hom baie geraak.

“Ons het hom ’n paar keer buite die klas sien huil.”

Den Haan en sy gidshond, Elbé, was ’n bekende gesig op die kampus.

Hy het pas die finale eksamen van sy BSocSC-kursus, met spesialisering in sielkunde, filosofie en sosiologie, afgelê. Hy was ’n topstudent en sou einde vanjaar sy graad verwerf het.

Sy klasmaats beskryf hom as ’n vriendelike mens wie se warmte na almal om hom uitgestraal het.

“Hy was ’n toegewyde leerder,” beskryf Theuns du Buisson, ’n personeellid by die filosofiedepartement, hom.

Den Haan was vir drie jaar ’n student in sy klas.

“Sy identiteit is nie deur sy blindheid bepaal nie, dit was vir hom bloot ’n bysaak. Sy doelgerigtheid en lewenslus het my en almal om hom geïnspireer,” sê Du Buisson.

Den Haan was ’n uitblinker in akademie. Hy was in sy eerste en tweede jaar die beste presteerder in die departement sielkunde én filosofie.

Sy klasmaats beskryf hom as ’n vriendelike mens wie se warmte na almal om hom uitgestraal het.

“Dit breek my hart om te dink dat hy nie saam met ons oor die verhoog gaan stap om sy graad te verwerf nie. Hy het dit die meeste van ons almal verdien,” sê Rex.

Britz sê hy het as blinde mens soveel meer gedoen as baie siende mense wat sy ken.

“Hy het my elke dag opnuut geïnspireer.”

Meer oor:  Diabetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.