Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
BLO knip weer CemAir se vlerke

Die private lugdiens CemAir se bedrywighede is Vrydag tot stilstand gedwing deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) omdat dié lugdiens nie bewyse kan lewer dat sy vliegtuie lugwaardig is nie.

Die BLO het in Februarie verlede jaar ook die lugdiens se vlerke geknip weens kommer oor die lugwaardigheid van die 21 vliegtuie wat hy bedryf.

In Desember is twee van CemAir se lisensies opgeskort omdat die lugdiens se jaarlikse oudit gewys het hy het nie die nodige veranderinge aangebring om aan die owerheid se vereistes te voldoen nie.

Volgens die BLO is ’n oudit tussen 21 en 24 Desember gedoen en bevind dat die lugdiens steeds 11 oortredings het, waarvan vyf ernstig was. Hy kon net met ’n aanvaarbare aksieplan vir 10 van die BLO se bevindings vorendag kom.

CemAir het daarna ’n korrektiewe aksieplan voorgestel vir een van die bevindings, maar die BLO het dit onaanvaarbaar gevind en op 26 Desember agt CemAir-vliegtuie verbied om te vlieg.

Die BLO sê hy het tussen 18 Desember 2018 en Vrydag verskeie kere met Cemair beraadslaag. Dit het ingesluit besoeke aan CemAir om te verseker dat die nodige stappe gedoen is wat betref kommer oor die lugwaardigheid van sy vliegtuie.

Die BLO is egter nie tevrede nie en die lugdiens kon nie vorendag kom met die nodige bewyse om die vrese te besweer nie.

CemaAir kon ook nie bewys dat hy aanbevelings van ’n vliegtuigvervaardiger gevolg het nie oor wat hy moet doen om die onderhoud van sy vliegtuie op standaard te kry.

Die “ernstige aard van die bevindings en impak daarvan op vliegveiligheid” het die BLO met geen ander keuse gelaat nie as om weer CemAir se vlerke te knip.

Die lugdiens het nou 30 dae om teen die besluit te appelleer en die BLO sê hy is bereid om die lugdiens by te staan sodat hy aan die nodige vereistes kan voldoen.

Netwerk24 het vroeër berig een van die probleme wat die BLO by CemAir uitgewys het, is dat die lugdiens nie by die voorgeskrewe reëls hou wat gewig en balans betref wanneer vliegtuie gelaai word nie.

Dit beteken die rekords wat die vlugpersoneel vir die gewig van passasiers en bagasie indien, stem nie ooreen met dié van die diensteverskaffer wat deur CemAir gekontrakteer word nie.

CemAir het ook verlede jaar ondanks ’n verbodbevel voortgegaan om sy vliegtuie te vlieg sonder om aan die

regulasies te voldoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.