Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bloed nog in vrou se long meer as maand ná skietery
Carine van Staden

Carine van Staden (28), wat op 11 Augustus ten aanskoue van haar verloofde deur ’n weermagkorporaal in die bors geskiet is, het Vrydag ’n operasie ondergaan om verharde bloed in die onderste helfte van haar long te probeer verwyder.

Sy was die naweek in die waakeenheid van die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa en is Maandagmiddag ontslaan.

Haar pa, Johan, het Dinsdag gesê dokters kon nie daarin slaag om die bloed te verwyder nie. Daar sal oor twee weke weer X-strale van haar longe geneem word om te bepaal of die bloed dalk vanself weggegaan het. Indien nie, sal sy weer geopereer word.

“Dié keer sal dit egter ’n veel groter operasie wees waarin sy van onder haar arm oopgesny sal moet word.”

Carine van Staden en haar verloofde, Johan Harmse, kort ná die skietery Foto: Elizabeth Sejake

Van Staden het voor die operasie gesê: “Ek het nog baie seer, word vinnig moeg en voel soms duiselig. Ek het maar my op- en afdae.”

Sy en haar verloofde, Johan Harmse (29), het op die dag van die skietery op sy motorfiets gery toe ’n man in ’n amptelike weermagvoertuig, ’n wit Audi, glo herhaaldelik probeer het om hulle van die pad af te dwing. In ’n stadium het die motor Van Staden se voet met sy buffer getref.

By ’n rooi verkeerslig op die hoek van Lavenderweg en Braam Pretoriusstraat in Wonderboom het Van Staden die man gekonfronteer.

Carine van Staden en Johan Harmse, haar verloofde, raak bewoë toe hulle kort ná die skietery oor die voorval praat.Foto: Elizabeth Sejake

Harmse sê die man, wat na bewering die amptelike motorbestuurder van ’n baie senior weermagoffisier is, het sy motordeur oopgemaak, ’n vuurwapen teen Van Staden se bors gedruk en geskiet. Hy het haar deur haar een long geskiet.

Kort nadat die weermaglid Van Staden geskiet het, het hy die vuurwapen ook op hom gerig, sê Harmse.

Die korporaal voer glo aan die paartjie wou hom kaap, maar hy het nie amptelik ’n saak aanhangig gemaak nie.

Hy moet in Oktober in die landdroshof in Pretoria-Noord op aanklag van poging tot moord verskyn.

Meer oor:  Carine Van Staden  |  Johan Harmse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.