Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bloedige naweek op Kaapse paaie

Die slagting op Wes-Kaapse paaie duur voort met meer as 14 mense wat sedert die begin van die naweek in ongelukke omgekom het.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, sê vier mense is laat Vrydagnag op die N1 tussen Laingsburg en Prins Albert in die Karoo dood toe die bestuurder van ’n Toyota Avanza blykbaar beheer oor die voertuig verloor het.

Twee mense is vroeër Vrydag in onderskeidelik Grassy Park en Mitchells Plain in die Kaapse Vlakte in motorongelukke dood. ’n Motorfietsryer is dood in Parow.

Aan die Weskus is twee mense dood in ongelukke in Darling en Lutzville.

’n Voetganger is Saterdag in Kraaifontein doodgery en ’n ongeluk buite Albertina op die N2 het die lewe van een passasier geëis.

20 bestuurders is die naweek weens dronkbestuur toegesluit. Africa waarsku motoriste opnuut om nie dronk te bestuur nie.

Meer as 900 mense se bloedalkoholvlakke is oor die naweek deur verkeersdienste getoets.

Een persoon s’n was vier keer bo die wettige limiet. Hy is buite Knysna in die Suid-Kaap aangekeer. Drie dronk voetgangers is ook in Oudtshoorn gearresteer.

’n Spoedvraat is ook buite Laingsburg in sy spore gestuit toe hy meer as 160 km/h gejaag het. Hy verskyn eersdaags in die plaaslike landdroshof.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Wes-Kaap  |  Padsterftes  |  Dood  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.