’n Vrou is Vrydagaand met ernstige beserings buite haar motor in Parkwes, Bloemfontein, aangetref.

Die motorwrak van 'n vrou wat Vrydagaand teen ’n boom in Paul Kruger-rylaan, Bloemfontein vasgery het. Foto: Verskaf
Die vrou het naby haar motorwrak, wat in die middel van die pad in President Paul Kruger-rylaan aangetref is, gelê.
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê in ’n verklaring die vrou het in ’n boom vasgery.
Meiring sê die paramedici het die vrou, wat in haar 30’s geskat word, omstreeks 18:05 op die toneel aangetref.
Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na die Mediclinic Bloemfontein geneem is.
Meiring sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.