Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bloem-vrou permit geweier om pa op sterfbed te groet
Antonie KlopperFoto: Salome van Tonder/Facebook

Salome van Tonder van Bloemfontein kon nie die afgelope naweek by haar pa, Antonie Klopper (83), se sterfbed in Klerksdorp wees nie omdat sy nie ’n permit kon kry om daarheen te reis nie.

“My suster is baie getraumatiseer. Sy kon nie ons pa groet nie,” sê Antoinette van Tonder.

Salome se aansoek om ’n permit is geweier.

Haar suster, Van Tonder, wat in die Wes-Kaap bly, vertel dat sy wel ’n permit kon kry en deur drie provinsies moes reis om by haar pa te wees.

“Ons is deur agt padblokkades en is oral baie goed behandel, maar was ook te laat om hom te groet.”

Van Tonder sê hulle het wonderlike behandeling en ondersteuning van die personeel van die Wilmedpark-hospitaal in Klerksdorp gekry.

Hul pa was in isolasie weens die Covid-19-bedreiging en hulle het gereeld vir hom stemboodskappe van sy kinders gespeel en gehelp met video-oproepe.

“Terwyl ons op pad was, het ’n verpleegsuster, Gerda Butler, my gebel om te sê dat my pa weg is, maar dat die hospitaal my sal toelaat om hom te groet. Ons was toe so 40 minute se ry van Klerksdorp.”

Klopper was ’n bekende in Vrystaatse sportkringe.

“Ek onthou toe ons kinders was, het bekende sportsterre gereeld by ons in Bloemfontein gekuier.”

My suster is baie getraumatiseer. Sy kon nie ons pa groet nie.

Hy het op klubvlak diep spore as krieket- en rugbyspeler getrap en het die Noord-Vrystaatse rugbyspan in die vroeë jare 80 afgerig.

Klopper het later na Klerksdorp verhuis waar hy en sy tweede vrou gebly het. Hy was hier ook baie betrokke by sportafrigting vir skoolseuns.

Van Tonder sê haar pa was tot onlangs toe nog baie gesond en fiks, maar het toe met sy gesondheid begin sukkel.

’n Troosdiens wat Donderdag om 11:00 in die NG kerk Bloemfontein-Wes gehou sou word, word weens Covid-19-regulasies by Avbob gehou. Ds. Johan David sal, soos Klopper se wens was, die diens lei.

Klopper laat ook vier kleinkinders, Shaun, Antonie, Teresa en Danie, agter.

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Koronavirus  |  Begrafnis  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.