Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bloemiste lewer nou groente en vrugte af

NetFlorist het nou blomme vir vrugte en groente verruil.

Mense kan nou hierdie vars produkte gedurende die staat van inperking by die aanlyn bloemiste bestel en dit sal die volgende dag in dele van Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban afgelewer word.

The Fruitspot verskaf die vrugte en groente.

“Die idee het die week van 16 Maart ontstaan toe ons besef ’n staat van inperking gaan binnekort intree gegrond op wat in die wêreld aangaan, en dat die meeste produkte wat ons verkoop nie as noodsaaklik beskou sou word nie,” sê Ryan Bacher, besturende direkteur van NetFlorist.

Groentetuin
Foto ter illustrasie. Foto: Marguerite Vermeulen

Die onderneming het heelwat van die infrastruktuur om noodsaaklikhede soos vrugte en groente te verkoop, soos ’n stelsel vir aanlyn bestellings, pakhuis, koelkamer en ’n afleweringsdiens.

“Ons was van mening dat die land ekstra afleweringskapasiteit nodig het en dat ons ons deel moet doen om in die behoefte te voorsien.”

Volgens Bacher is dit nog nie duidelik of NetFlorist ná die inperking die diens gaan voortsit nie – vir nou fokus die onderneming op die inperkingstydperk.

“Ons kliënte het tot dusver goed gereageer op ons nuwe aanbod. Ons kan nog voorbly met die vraag, maar ons vermoed dat dit in die komende dae en weke sal toeneem,” sê Bacher.

Afleweraars word ontsmet voor- en nadat elke bestelling afgelewer is. Kliënte se pakkies word voor hul deur neergesit en die afleweraars teken dan namens die kliënt.

Die personeel is tot die minimum beperk om die bestellings te hanteer en net personeel wat wou werk, werk in die pakhuise, sê Bacher.

Almal wat by die huis kan werk, doen dit en Bacher is die enigste een op kantoor.

“By ons pakhuise het ons al die nodige higiëniese prosesse om die virus so goed as moontlik te bestuur.”

Meer oor:  Blomme  |  Groente  |  Vrugte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.