Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
BMW in stukke ná grusame botsing met vragmotor
Van die kleiner wrakstukke van die BMW op die N8-pad, wat vir ’n tyd lank vir verkeer gesluit was. .Foto: Verskaf

Drie mans en ’n vrou het Vrydagoggend gesterf toe hul motor sowat 48 km buite Bloemfontein onder ’n vragmotor beland het.

Die kop-aan-kop-botsing tussen ’n BMW en die vragmotor was op die N8, waarna stukke van die motor se wrak nog die pad gelê het.

Dit blyk dat die BMW in die rigting van Bloemfontein op pad was voordat dit in ’n botsing reg van voor met die vragmotor betrokke was.

Volgens Sipho Towa, woordvoerder van die nooddienste in die Vrystaat, was die vier insittendes in die motor reeds dood toe die nooddienste omstreeks 10:30 by die ongelukstoneel naby die T-aansluiting by Botshabelo opgedaag het. Die pad was ’n tyd lank gesluit.

Die vragmotorbestuurder is op die toneel vir skok behandel, maar hy het geen beserings opgedoen nie.

Die vragmotor het ná die impak van die botsing langs die pad op sy kant te lande gekom en van die slagoffers was onder die vragmotor vasgepen.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die vragmotor het in die veld langs die hoofweg op sy kant te lande gekom en van die oorledenes was onder die voertuig vasgepen. Foto: Verskaf
’n Stuk van die BMW wat op die pad agtergebly het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Botsing  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.