Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bo-Kaap is nou ’n erfenis-beskermingsone

Die Bo-Kaap is nou ’n erfenis-beskermingsone.

Die Kaapstadse metroraad het dié stap Donderdag goedgekeur en dit word van krag sodra dit in die Provinsiale Staatskoerant afgekondig is.

Die tipiese beeld van die Bo-Kaap.Foto: Deon Raath

Dan Plato, burgemeester, sê die besluit kom nadat inwoners reeds die afgelope vier jaar vra dat die gebied se erfenis beskerm moet word.

Die Bo-Kaap-erfenisbeskermingsone het die Tafelberg Nasionale Park as grens aan die bokant teen Vlaeberg en loop tot teenaan die middestad waar dit die deel van Buitengracht tussen Carisbrook- en Strandstraat insluit.

Dié status beteken dat die erfenis van die Bo-Kaap bewaar word. Dit sal ’n impak hê op alle eiendomme in die Bo-Kaap, veral wat nuwe ontwikkelings, restourasiewerk en aanbouings betref.

Nuwe eiendomsontwikkelings mag dus nie indruis teen die historiese karakter van die omgewing nie, maar huiseienaars moet ook bydra om die gebied se karakter te beskerm.

Huiseienaars mag die binnekant van hul huise verbou, maar dit mag nie aan die buitekant sigbaar wees nie en hul verbouings mag nie die gebou se struktuur verswak nie.

Sowat 600 eiendomme is by die erfenis-beskermingsone ingesluit.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike ontwikkeling en die omgewing, sê die nuwe regulasies kan vir inwoners en huiseienaars van die Bo-Kaap ingewikkeld klink, maar die metroraad se erfeniskundiges sal hulle van raad bedien.

Die erfenis-beskermingsone bepaal nie wie eiendom mag koop of huur nie.

Aansoeke vir ontwikkelings wat goedgekeur is voordat die erfenis-beskermingsone goedgekeur is, sal wel beoordeel word volgens die wetgewing en bouregulasies wat gegeld het voordat die beskermingsone ingestel is.

In die proses van openbare deelname was 2 271 uit 2 298 (98,8%) deelnemers ten gunste daarvan dat die Bo-Kaap ’n erfenis-beskermingsone word. Van die deelnemers was 650 inwoners van die Bo-Kaap.

Grafika
Grafika
Meer oor:  Bo-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.