Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bo-Kaapse inwoners boos oor winkel se naam
’n Advertensie vir die nuwe winkel waarvan die naam nou vir omstredenheid gesorg het. Foto: @BoKaapCivic (Facebook)

Die Bo-Kaapse burgerlike- en belastingbetalersvereniging beoog om Vrydag in Kaapstad te betoog oor ’n nuwe Pick n Pay-winkel met die naam “De Waterkant” in dié omgewing.

Die vereniging het Donderdag gesê die winkel in Strandstraat se naam is “hoogs onsensitief” en “is in die Bo-Kaap, nie in De Waterkant geleë nie”.

Hulle eis dat die winkel se naam onmiddellik verander word, dat daar “sinvolle werkgeleenthede” vir plaaslike inwoners moet wees, en dat die winkel nie drank mag verkoop nie.

Die betoging sal na verwagting om 09:00 op die hoek van Strand- en Chiappini-straat begin.

“Dié naam herinner aan die gedwonge verskuiwings onder apartheid van die mense van die Bo-Kaap uit die gebied wat nou as De Waterkant bekend staan.

“Die mense van die Bo-Kaap verdedig onvermoeid ons tradisie, erfenis en kultuur, en wat ons ons nuwe grense noem, asook die aanspraak op ons naam, die Bo-Kaap,” sê die vereniging.

’n Woordvoerder van Pick n Pay sê die winkelgroep sal Vrydagoggend reageer.

Meer oor:  Pick 'N Pay  |  Bo-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.