Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bobbejaan wat smul aan spaghetti glo nie bokveld toe

’n Bobbejaan wat op sosiale media opslae gemaak het omdat hy by ’n Kaapse restaurant aan pasta gesit en smul het, is glo nie van kant gemaak nie.

Gerugte het die afgelope naweek die ronde gedoen dat die bobbejaan doodgemaak is ná sy optrede by die restaurant.

Die bobbejaan het verlede naweek by een van die tafels in die Jonkershuis-restaurant in Constantia, Kaapstad, gaan sit en weggelê aan ’n bord spaghetti-bolognese.

Die bobbejaan wat verlede naweek aan pasta by die Jonkerhuis-restaurant in Constantia gesmul het.Foto: Jamie Pyatt

Nadat foto’s en ’n video van die bobbejaan versprei is, het hy oornag ’n internet-sensasie geword.

Jenni Trethowan van die Baboon Matters-stigting, het Saterdag op ’n dierekonferensie (Cape Town Animal Conference) wat in Kaapstad gehou is, gesê die dier is ná die voorval by die restaurant van kant gemaak.

“Hy is doodgemaak omdat hy ’n aggressiewe bobbejaan was; hy was waagmoedig om by ’n menslike ruimte in te gaan. Nou het ons net vier oorblywende bobbejane in Scarborough van ’n oorspronklike groep van 18 en die doodstraf hang oor hul koppe,” het Trethowan gesê.

Trethowan het Maandag by navraag gesê dat sy nie verder kommentaar kan lewer voordat die Kaapstad-metro nie amptelik bevestig het of die bobbejaan werklik van kant gemaak is of nie.

Sy het verdere navrae na die Kaapstad-metro verwys.

Luthando Tyhalibongo, woordvoerder van die Kaapstad-metro, het by navraag gesê dat hulle geen kennis daarvan dra dat die bobbejaan van kant gemaak is soos beweer word nie.

Hy sê die plaas waarop die voorval plaasgevind het, is private eiendom en die metro het geen regspraak daarop nie.

“Die wynplaas kan self optree met die vereiste permit van CapeNature. Die metro hou die situasie dop en kan bevestig dat daar geen planne is om in hierdie stadium tussenbeide te tree nie,” se Tyhalibongo.

Meer oor:  Constantia  |  Spaghetti
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.