Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bobby en Bokke help teen Korona

Met ’n lootjie van net R100 kan jy Handré Pollard se tokse, Pieter-Steph du Toit se oefenbroek met die Wêreldbekerspan se handtekeninge daarop of selfs ’n braai-kuier saam met Bobby van Jaarsveld losslaan.

Bobby van Jaarsveld skenk ’n Stouff-braaier soos dié van R15 000 én die geleentheid om saam met hom te braai. Foto’s: Instagram

Dis nou als om mense te help wat weens die Covid-19-pandemie swaarkry.

Die All In Challenge het in Amerika begin waar bekendes aandenkings of ervarings geskenk het wat uitgeloot word.

Drie Maties – Stefan Stofberg en Daneel en Stefan Steinmann – het die uitdaging ’n Suid-Afrikaanse geur gegee en bekendes hier genooi om dieselfde te doen. Pollard het sy tokse, met sy naam en die Suid-Afrikaanse vlag daarop, geskenk.

Handré Pollard se tokse.
Pieter-Steph du Toit het sy oefenbroek geskenk wat deur die Springbok-span onderteken is.

“Dit is nie iets wat jy net in ’n winkel kan koop nie,” sê Pollard.

Die gelukkige eienaars van die wenlootjies kan ook tokse van Willie le Roux en die Springbok-kaptein Siya Kolisi wen. AB de Villiers het ’n T20-kriekettrui geskenk.

“Ek is mal daaroor om iets te doen om ’n verskil te maak,” sê hy.

Karlien van Jaarsveld het een van haar gunstelingrokke deur Anel Botha geskenk. Sy sê in ’n video op Instagram dat sy al dikwels in dié rok opgetree het.

Haar broer het ’n Stouff-braaier van R15 000 geskenk én onderneem om saam met die wenner te braai wanneer die inperking verby is.

  • Die geld wat daarmee ingesamel word, gaan na verskeie liefdadigheidsorganisasies, onder meer die Hannah- en die Kolisi-stigting. Die geld sal gebruik word om kospakkies te versprei aan mense wat swaarkry. Meer as R60 000 is tot dusver ingesamel.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.