Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bod van R2,6 m. vir Saxonwold-huis van Guptas

’n Bod van R2,6 miljoen is Maandagoggend op ’n veiling vir ’n huis van die Guptas in Saxonwold, ’n gegoede buurt in Johannesburg, gemaak.

Carol Cherrington, van Park Village Auctions, het die bod vir die eiendom te Avonwoldweg 18 bevestig. “ ’n Minimum-deposito van 15% (R390 000) moet nou binne 14 werksdae betaal word.”

Dit is van die verskeie eiendomme van die omstrede Guptas, wat deel van die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping is, wat verkoop gaan word.

Netwerk24 het vroeër berig Tshepiso Magashule, die seun van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, is op 28 Oktober uit die huis gesit nadat hy hom vir maande lank daarteen verset het.

Dit het die sakereddingspraktisyns Manci Knoop Financial Services se pogings om geld terug te kry om skuld aan krediteure te betaal, aansienlik vertraag.

Die Avonwoldweg-eiendom is in 2011 vir R3,2 miljoen deur die Guptas gekoop.

Volgens die afslaers se webwerf het die huis ’n ingangsportaal, ’n sitkamer, ’n TV-kamer, ’n eetkamer, ’n kombuis, drie slaapkamers, waarvan een met ’n en suite-badkamer en ’n bykomende badkamer. Verder is daar ’n onderdak-patio, ’n swembad, ’n dubbelmotorhuis en personeelverblyf.

Pryse van huise in dié omgewing wissel tussen R3 miljoen en R20 miljoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.