Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer bekommerd oor Optimum-gesloer

“Die voortslepende onsekerheid oor die toekoms van die Optimum-steenkoolmyn in Mpumalanga het ’n negatiewe uitwerking op nie net die mynbou nie, maar ook die landbousektor.”

So sê Danie van Wyk, ’n boer van die omgewing, wat Maandag moes toekyk hoe oproerige mynwerkers hooibale op ’n naburige plaas aan die brand gesteek het.

Die myn het voorheen steenkool aan Eskom se Hendrina-kragstasie in Mpumalanga gelewer.

“Tot tyd en wyl dié hele affêre afgehandel is, moet boere op hete kole sit oor wat volgende gaan gebeur,” het ’n omgekrapte Van Wyk aan Netwerk24 gesê. Hy sê hy vrees dat sy mielielande ook onder brandstigting kan deurloop.

Tot tyd en wyl dié hele affêre afgehandel is, moet boere op hete kole sit oor wat volgende gaan gebeur.

“Ek verstaan dat die mynwerkers ontevrede is, maar die onsekerheid plaas ’n stremming op almal. Die myn moet so gou as moontlik weer op dreef kom, nie net vir die noodsaaklikheid van energiesekerheid in die land nie, maar ook sodat ons boerderye onverstoord kan voortgaan,” het Van Wyk gesê.

Die myn, wat in sakeredding is, lewer sedert 2018 geen steenkool nie. Werklose mynwerkers het verlede maand ’n dringende beroep op Gwede Mantashe, minister van mineralebronne, gedoen om by die situasie in te gryp. Mantashe het vroeër vanjaar op die Mynbou-indaba in Kaapstad gesê dat mynbou “nie in ’n vakuum bestaan nie, maar met ander ekonomiese sektore moet saamwerk en ook met die gemeenskappe waarin dit bedryf word”.

Volgens Bouwer van Niekerk, prokureur vir die sakeredders, is die Optimum-myn nie behoorlik in stand gehou in die tydperk toe dit deur die omstrede Gupta-familie bestuur is nie. “Dit is die rede hoekom die myn en verskeie ander Gupta-bates in 2018 in sakeredding geplaas is,” sê Van Niekerk.

Optimum se sakeredders het die konsortium Project Halo as kopers van die myn aangewys. Project Halo het ’n bod van R3,6 miljard vir die bates ingedien. Die staat se mynmaatskappy, African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), en sy vennoot die Lurco-groep maak ook sterk aanspraak op die myn.

Eskom en Centaur Mining, die grootse krediteure, se eise maak 75% van die totale eise teen die myn uit.

Meer oor:  Plaas  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.