Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer erg beseer toe vliegtuig val
Herman Eksteen en sy vrou, Caron. Hy is Sondag ernstig beseer toe sy mikroligte vliegtuig geval het.Foto: Facebook

’n Bekende Vrystaatse boer, Herman Eksteen, het volgens inligting talle beenbreuke opgedoen toe sy mikroligte vliegtuig Sondagmiddag op sy plaas tussen Brandfort en Theunissen geval het.

Eksteen se mikrovliegtuig het blykbaar neergestort oomblikke nadat hy opgestyg het. Hy het onder meer sy bekken en van sy rugwerwels gebreek.

Trauma Response Africa het Sondagaand op sy Facebook-blad gesê ’n 57-jarige boer is ernstig beseer toe sy mikroligte vliegtuig tussen 17:00 en 18:00 op sy plaas geval het.

’n Familielid het op die vliegtuig afgekom waar dit geval het en die nooddienste ontbied.

Eksteen is op die toneel gestabiliseer en met ’n lugambulans van die Vrystaatse provinsiale gesondheidsdiens na Bloemfontein gebring waar hy in die hospitaal opgeneem is.

Hannika Struwig, bemarkingsbestuurder van die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein, sê Eksteen is ernstig beseer, maar sy toestand is bestendig en hy is by sy bewussyn.

Dit is nie seker wat tot die ongeluk gelei het nie.

Die Eksteen-familie wou nie kommentaar lewer oor sy toestand nie, maar ’n boer van die omgewing, wat nie sy naam wil bekend maak nie, het die aard van Eksteen se beserings bevestig.

Die beskadigde mikroligte vliegtuig waarmee Herman Eksteen op sy plaas geval het.Foto: verskaf
Die beskadigde vliegtuig. Foto: verskaf
Meer oor:  Brandfort  |  Boer  |  Vliegtuig  |  Neergestort  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.