Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer sê ‘gesteelde’ spoorstawe op plaas nie sýne
Ter illustrasie.

Die verdwyning drie jaar gelede van spoorstawe oor ’n afstand van 5 km tussen Parys in die Vrystaat en die Dover-treinstasie, wat na bewering op ’n plaas opgespoor is, het nou in die hooggeregshof in Bloemfontein gaan draai.

In Transnet Spoorwegvragvervoer (voorheen bekend as Spoornet) se aansoek verlede week voor die hof sê hy dat die verdwyning van die spoorstawe op 10 Junie 2015 ontdek is. Ná ’n “uitgebreide soektog en intensiewe ondersoek” is dit na bewering op 29 Junie op die plaas Goedgedacht in die Parys-distrik gevind.

Die spoorlyn is al ’n aantal jare nie meer in gebruik nie.

Volgens Transnet bevestig die spesifieke nommers op elke spoorstaaf sy eienaarskap.

In sy aansoek het Transnet die stawe van die boer Jacobus Hendrik Dannhauser teruggeëis of ’n bedrag van R700 000 as hy dit nie kan teruggee nie.

Dannhauser, wat op die plaas Braklaagte buite Parys boer en nie op Goedgedacht, waar die stawe na bewering in ’n beeskraal omskep is nie, sê in ’n verklaring voor die hof dat Goedgedacht aan die Kobus Dannhauser-familietrust behoort, en dat hy nie in sy persoonlike hoedanigheid in besit of beheer van die plaas se bates is nie.

Hy sê die trust het verskeie verwere teen dié eis, maar dat dit nie nou in die dispuut tussen Transnet en hom in sy persoonlike hoedanigheid ter sake is nie.

Regter Martha Mbhele het Transnet se aansoek vir 'n summiere vonnis van die hand gewys en Dannhauser se aansoek om homself te verdedig toegestaan.

Ter voorbereiding het Dannhauser Transnet gevra vir ’n lys van al die gemerkte spoorstawe wat deel van die “gebuite vonds” tussen Parys en Dover is.

Verder soek hy ook al die advertensies van verkope van oortollige voorraad en die voorraadlyste van sulke voorraad (spoorstawe ingesluit) wat tussen 1970 en 1994 in die Vrystaat verkoop is.

Hy wil ook weet watter spoorstawe intussen aan die landbou-organisasie Sanwes verkoop is.

Meer oor:  Transnet  |  Diefstal  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.