Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer se grond op Stellenbosch beset

’n Boer van Stellenbosch sit met die hande in die hare nadat onwettige besetters die afgelope week sy plaas begin beset het.

Carl Opperman, die uitvoerende hoof van Agri SA in die Wes-Kaap, het die voorval Saterdag bevestig. Hy sê daar is ’n dringende hofbevel probeer bekom om die grondbesetters te keer, maar dat dié aansoek eers Maandag aangehoor sal word.

Die eienaar van die plaas het ook die onwettige besetting van sy grond bevestig. Vir veiligheidsredes, wou hy egter nie sy naam of die naam van die plaas bekendmaak nie. Die plaas is noord van Stellenbosch en grens direk aan die informele nedersetting Kayamandi.

Sover bekend is, het die staanplekke in ’n deel van Kayamandi wat aan die plaas grens, opgeraak, en het mense toe hutte op die plaas begin oprig.

“Dinge gebeur vinnig daar. ’n Mens gaan binnekort nie eers meer ’n stukkie groen gras kan sien nie,” sê Opperman.

Die burgemeester van Stellenbosch, adv. Gesie van Deventer, kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

Navrae oor die voorval is ook by die polisie gedoen, maar hulle kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

  • Hou Netwerk24 dop vir meer inligting soos dit bekend word.
Meer oor:  Carl Opperman  |  Stellenbosch  |  Grondbesetting  |  Grond  |  Agrisa  |  Grondgryp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.