Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer skiet glo aanvaller dood

’n Boer van die Boschkop-gebied oos van Pretoria het Saterdagaand glo ’n plaasaanvaller doodgeskiet nadat hy eers waarskuwingskote gevuur het.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die man se huisalarm het om 21:00 afgegaan. Die boer wat nie geïdentifiseer wil word nie, het ondersoek ingestel en glo drie mans gesien wat by sy huis inbreek.

Hy het op die aanvallers geskreeu, maar dit het hulle nie afgeskrik nie.

Makhubele sê die boer het toe ’n paar waarskuwingskote afgevuur en sy bure gebel. Die bure het die erf deursoek en op die lyk van ’n onbekende man afgekom.

Die man en sy vrou is in Julie vanjaar ook deur ’n roofbende aangeval. Die aanvallers het toe daarin geslaag om die huis binne te kom en het deur die slaapkamerdeur skote afgevuur.

Die egpaar het in ’n badkamer weggekruip nadat hulle op ’n radio hulp ontbied het. Terwyl hulp op pad was, het die aanvallers goedere uit die huis gesteel.

Makhubele sê niemand is in verband met die nuutste voorval in hegtenis geneem nie en dat hulle klagte van huisroof en moord ondersoek.

Die man se seun wou nie Sondag kommentaar oor die voorval lewer nie.

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Aanvaller Doodgeskiet  |  Skietvoorval  |  Boer  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.