Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer sterf ná trekker van berg afstort

’n Geliefde lusernboer van Lydenburg in Mpumalanga is dood nadat sy trekker sowat 50 meter bergaf gerol het.

Robbie Moldenhauer (54) se buurman Frans Winterbach bespiegel dat die trekker se brieke ingegee het of dat die trekker “uit rat gespring het” terwyl hy teen die steil afdraand op sy plaas gery het.

Dood: Robbie Moldenhauer

“Ons weet eintlik glad nie of daar enigiets anders fout was nie,” sê Winterbach. “Ons raai net, want dít is maar wat gewoonlik met ’n trekker in so ’n frats­ongeluk gebeur.”

Winterbach sê Moldenhauer het op ’n steil, klipperige pad verongeluk, ’n pad wat hy daagliks gery het. Die trekker het ten tyde van die ongeluk ’n sleepwa gehaak gehad, maar Winterbach sê daar was niks op die wa nie.

“Ek dink hy het maar net met die leë wa rondgery, miskien omdat hy nie lus was om die sleepwa los te haak nie.”

Moldenhauer se werkers het verlede Dinsdag tussen 12:00 en 13:00 ’n geraas gehoor en op die ongeluk afgekom.

Deon Broekman van Rapid Response, ’n sekerheidsmaatskappy, sê hulle was eerste op die toneel, maar Moldenhauer was toe reeds dood. “Hy het baie ver geval,” sê Broekman. Hy sê die paadjie waarop hy gery het is “veel bergagtiger as wat mense besef”.

’n Gedenkdiens is gister vir Moldenhauer op Lydenburg gehou. Sy vrou, Heidi, was steeds te geskok om met Rapport te praat.

Meer oor:  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.