SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Algemeen
Boer Toanette se saak finaal teruggetrek

Boer soek ’n vrou se Toanette Els (24) kan nou op lekkerder dinge fokus nadat finaal besluit is dat enige strafregtelik vervolging teen haar gestaak word.

Els, ’n inwoner van Modimolle, is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem nadat Jana Smit, ook ’n inwoner van die dorp, ’n aanklag van bedrog teen haar by die polisie aanhangig gemaak het. Els moes herhaaldelik in die plaaslike landdroshof verskyn.

Boer Toanette Els was in September verlede jaar Nardus van Wyk se metgesel op die troue van sy sussie, Elzarie. Te oordeel na dié foto kan ’n mens verstaan hoekom albei positief oor 2019 voel . . .Foto: Verskaf
Boer Toanette en Nardus by die troue van Nardus se sussie, Elzarie. Foto: Verskaf

Smit se dogter sou ’n wildbewaringskursus van Els bywoon, waarvoor sy ’n deposito van R10 000 betaal het. Die dogter was egter in ’n motorongeluk en kon nie die kursus bywoon nie, het Els aan die TV-program Kwela gesê. Sy kon ’n later kursus bywoon, maar Smit wou haar geld terughê.

Els het gesê sy kon dit nie dadelik doen nie omdat sy reeds vir die dogter se verblyf betaal het.

Smit het intussen wel haar geld teruggekry.

Els is Woensdag skriftelik ingelig dat alle aanklagte teen haar laat vaar is nadat die nasionale vervolgingsgesag reeds in November verlede jaar besluit het om die saak voorlopig terug te trek.

“Ek het geweet die saak is verby, maar ek is baie verlig dat dit nou finaal oor en verby is. Dit is soos ’n berg van my skouers af. Nou kan ’n mens weer aangaan met jou lewe,” sê Els.

Toanette sê Nardus het haar geweldig ondersteun. Hierdie selfie is verlede jaar op hul vakansie in Lesotho geneem.Foto: Verskaf

Gaan dié lewe Nardus van Wyk (24) – die man wat sy op Boer soek ’n vrou beter wil leer ken – insluit?

Hieroor is Els nog geheimsinnig, maar bieg met duidelike opgewondenheid in haar stem dat sy en Van Wyk in ’n verhouding is.

Els was juis Donderdag saam met hom op sy plaas naby Thabazimbi toe Netwerk24 haar bel.

Sy sê sy emosionele ondersteuning het baie vir haar beteken. So ook sy familie se ondersteuning, en voeg sy by, Van Wyk se sussie, Elzarie Wessels, is ’n “stukkie goud van ’n mens” en iemand na wie sy opkyk.

Boer Toanette en Nardus saam by die AfriSki-oord in Lesotho.Foto: Verskaf
Toanette en Nardus geniet duidelik mekaar se geselskapFoto: Verskaf

Wessels het Els met vrae gepeper toe hulle ontmoet het. Van Wyk het Els juis gewaarsku dat as sy deel van sy lewe wil wees, sal sy eers by sy suster verby moet kom.

2018 was nie ’n baie lekker jaar vir haar nie. “Dit was een van my slegste jare nog,” sê die donkerkop-boer.

Buiten die hofsaak het haar ma ook aan kanker gesterf. Van Wyk sê op sy beurt hy kon sommer klaar ’n merkbare verbetering by haar sien nadat die hofsaak voorlopig teruggetrek is.

En nou?

Dit is vir hom nou net lekker om Els op die plaas by hom te hê, sê hy

Hy klink ook merkbaar opgewonde oor die toekoms.

Els is besig om hom te help met die restourasie van ’n vervalle opstal op die plaas terwyl sy haar toekomsplanne oorweeg.

Die hofsaak het haar onderneming soveel skade berokken dat sy dit nou oorweeg om ’n ander werk te kry.

“Ek begin nou weer ’n bietjie moed bymekaargrou, want ek was op ’n kol regtig moedeloos, maar alles is nou weer besig om mooi reg te kom,” sê Els.

Boer Toanette en Nardus geniet dit om tyd saam deur te bring.Foto: Verskaf
Meer oor:  Toanette Els  |  Nardus Van Wyk  |  Bedrogsaak  |  Hof  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.