Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer van Jacobsdal dood in fratsongeluk op plaas

’n Boer van die Jacobsdal-omgewing in die Vrystaat is Sondagmiddag in ’n fratsongeluk op sy plaas buite die dorp dood toe ’n vervoerbandmasjien op hom geval het.

Herman Galama (63), wat met bone, mielies, neute en druiwe op sy plaas Rostrevor geboer het, se seun, Herman jr., het om 16:45 op hom afgekom, maar hy was toe reeds dood.

Herman Galama (63) is Sondagmiddag in ’n fratsongeluk op sy plaas buite Jacobsdal dood. Foto: Facebook/Louwdia Beukes Galama

Volgens Rayn Mülke, Galama se skoonseun, was sy skoonpa in die werkwinkel toe die ongeluk gebeur het.

“Hy was besig om te werk en het ’n vurkhyser onder die vervoerbandmasjien staangemaak sodat dit nie omval nie. Dit het vermoedelik geskuif en die masjien het bo-op hom beland,” sê Mülke.

Volgens hom kon die ongeluk moontlik al net ná 14:00 gebeur het.

“Hy kon nie stilsit nie en was baie handig. Hy het altyd gewerk. Herman jr. het na ’n boorpunt in die werkwinkel gaan soek en gehoor dat die vervoerband loop, maar het gedink sy pa werk. Dit is ’n groot skok vir almal.”

Mülke beskryf sy skoonpa, wat oorspronklik van Nederland was, as ’n hardwerkende en streng persoon met ’n sagte hart.

“Hy het altyd mense gehelp sover hy kon. Hy was lief vir mense en wou altyd beweging om hom hê. Hy het nie gehou van alleen wees nie,” sê hy.

Galama het gereeld familie in Nederland besoek.

Hy word ook deur sy vrou, Louwdia, en sy dogters, Maryke en Monique Mülke oorleef.

’n Gedenkdiens word Vrydag om 15:00 op die plaas vir hom gehou.

Herman Galama (63), van die plaas Rostrevor buite Jacobsdal, en sy vrou, Louwdia. Foto: Facebook/Louwdia Beukes Galama
Meer oor:  Sterfgeval  |  Boer  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.