Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer verdrink in ‘reënwater wat God gestuur het’
Frank Bayly het Saterdagaand op sy plaas naby De Aar in vloedwater verdrink. Dié foto is enkele ure voor sy dood geneem.

’n Bekende merinoboer wie se familie reeds vyf geslagte in De Aar boer, het in ’n fratsvloed op sy plaas verdrink.

Frank Bayly (64) se vrou, Des, dink hy was gelukkig toe hy dood is.

“God het vir hom die reën na sy plaas gestuur. Frank is op sy erfplaas, Jakhalskuilen, in sy eie reënwater oorlede.

“Ek kon aan sy gesig sien hy is rustig. Asof hy vas slaap. Dit gee my berusting.”

Hy lyk ook baie gelukkig op die foto wat die aand voor sy dood geneem is.

“Ek besef nou wat hy bedoel het as hy sê hy mis my wanneer ek nie tuis is nie. Ek mis hom reeds baie. Hy het ’n ongelooflike teenwoordigheid in my lewe, in ons huis, op ons plaas en in die omgewing gehad.”

Hulle het Saterdagaand twee verskillende geleenthede bygewoon en Des het by haar dogter in die dorp geslaap.

Frank sou alleen plaas toe gaan.

“Dit het meer as 75 mm op aangrensende plase gereën en net so baie op ons plaas. Die massas water het ’n fratsvloed in die droë rivierlope veroorsaak.

“Die merkers op die laagwaterbrug was waarskynlik reeds toegespoel toe hy daar kom. Hy het daarom voor die brug gewag dat die water afloop. Nog ’n wolkbreuk het water oor die rivierwalle in die veld gestoot.

God het vir hom die reën na sy plaas gestuur. Frank is op sy erfplaas, Jakhalskuilen, in sy eie reënwater oorlede
Des, Frank Bayly se vrou

“Ons vermoed hy het aan die slaap geraak en wakker geword toe die water die bakkie teen ’n grondwal vasdruk. Hy het sy sak gevat, sy skoene uitgetrek en uitgeklim. Hy kon waarskynlik nie die grond voel nie en is in die sterk water meegesleur.

“Ons een plaaswerker het my Sondagoggend gebel en gesê Frank se bakkie is by die rivierloop. Hulle het sy lyk sowat 500 meter van die bakkie af in die veld, omtrent tien meter van die rivierloop, gekry. Die lykskouing bevestig dat hy verdrink het.”

Bayly word Vrydag op sy plaas by sy voorgeslagte in die familiebegraafplaas begrawe.

Hy word deur drie dogters en skoonseuns oorleef. Hulle is Deanne en Attie Blomerus, Charon en Carlie de Buys en Melly en Wimpie Smit. Hy laat ook een kleindogter en twee kleinseuns na, met nog ’n kleinseun wat op pad is.

Die teraardebestelling is privaat. Die troosdiens is Vrydag om 11:00 in die NG kerk Noord in Schreinerstraat in De Aar.

Meer oor:  De Aar  |  God  |  Verdrink  |  Boer  |  In  |  Wat  |  Het
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.