Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer wil help met voer nadat ander ingeloop is

Phillip Potgieter van Bothaville in die Vrystaat kan net dink hoe die boere moet voel wat deur swendelaars uit voergeld bedrieg is, terwyl “die reën nie kom nie en daar nie kos op die land is nie”.

Sodra sy lusern so oor twee weke reg is, gaan hy dus daarvan aan die slagoffers stuur. Sy planne is gereed, dis net die vervoerreëlings wat getref moet word.

“Ek kry daardie boere bitter jammer. Ek weet mense trek swaar en dan doen iemand hulle nog in ook. Ek het besluit om te kyk waar ek kan help,” sê hy.

Potgieter se gebaar volg ná berigte oor drie boere van onder meer die Noord-Kaap en Noordwes wat met internetaankope van voer bedrieg is.

Die slagoffers, wat reeds noustrop trek weens die droogte, het André Niemann, ’n private ondersoeker van Ansec Consult, verlede week gevra om die skelms op te spoor.

Al die rekeningnommers waarin die boere geld betaal het, is met gesteelde identiteitsdokumente geopen.

Niemann het vroeër gesê die swendelaars het die droogte en ekonomiese druk gebruik om “veevoer” teen “winskooppryse” te adverteer, maar sodra die boere betaal, verdwyn die “verkoper”.

Die jongste drie voorvalle wat Niemann ondersoek, is nie die werk van ’n sindikaat nie, maar dié van individue.

Die modus operandi is dieselfde: Hulle adverteer bale voer op byvoorbeeld Facebook, OLX of Gumtree en “buit die boere se desperaatheid uit vir hul bloedgeld”.

Al die rekeningnommers waarin die boere geld betaal het, is met gesteelde identiteitsdokumente geopen.

Dit was juis ná Netwerk24 se berig hieroor dat Potgieter Niemann gekontak het om hulp aan te bied.

“Dit sal beslis die slagoffers én hul vee se kanse op oorlewing help verbeter totdat die reën kom,” sê Niemann.

Ansec Consult se ondersoek het intussen reeds so ver gevorder dat Niemann binnekort ’n deurbraak verwag.

“Ons het swart-op-wit-bewyse teen die bedrieërs,” sê hy.

* Niemann waarsku boere om nie uit desperaatheid oordeelsfoute te maak nie, maar om eerder, voordat hulle enige geld oorbetaal, iemand met kundigheid te vra om die verkoper se geloofwaardigheid te verifieer.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bothaville  |  Landbou  |  Voer  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.