Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boer wil nou eis oor grondbesetting
Van die onwettige plaasbesetters wat grond van Harmony Gold aan die buitewyke van Welkom beset. Foto: Alet van der Walt

’n Boer van Welkom sê Harmony Gold moet betaal vir die skade wat hy nou weens onwettige grondbesettings ly.

Jan Bezuidenhout, wie se plaas net 1,5 km van ’n nuwe plakkerskamp is, sê vier bakkies ry nou heelnag patrollie om sy mielies te beskerm.

Bezuidenhout sê hy het nog altyd diefstal in die mielielande gehad, maar sedert die mense die grond naby sy plaas beset het, het die diefstal so toegeneem dat hy nie weer hier sal mielies plant nie.

“Harmony moet my grond teen markwaarde koop of ek gaan hulle dagvaar,” sê Bezuidenhout.

“Dit is my nalatenskap aan my kinders en kleinkinders wat nou bedreig word.”

Grondbesetters is besig om strukture op die grond van Harmony Gold aan die buitewyke van Welkom op te rig.Foto: Alet van der Walt

Hy het reeds regsadvies ingewin en ’n brief aan die maatskappy geskryf.

Onwettige grondbesetters het op 24 Februarie grond van die Harmony-myngroep aan die buitewyke van Welkom beset. Hoewel die myn aanvanklik ’n uitsettingsbevel teen die besetters wou kry, het hy sy aansoek laat vaar.

Die plakkers sê Nkosijane Speelman, burgemeester, het hulle aangesê om die grond te beset.

Die myn en die Matjhabeng-munisipaliteit het intussen ooreengekom dat die besetters kan aanbly en dat basiese dienste in die gebied gelewer sal word. Die plakkers koop nou water by mense wat dit aanry.

Bezuidenhout sê hy het ook nog R80 000 se skade aan sy bakkie gely nadat hy in die lang gras in ’n betonblok van ’n waterpypleiding vasgery het.

“Ons het patrollie gery om die diefstalle in die mielielande te voorkom toe die bakkie beskadig is,” sê hy.

“Ek dink daar is mense wat lankal geweet het dié ding kom,” sê Bezuidenhout.

“Hoekom anders het Eskom onlangs ’n muur wat drie meter hoog is, rondom die substasie naby my plaas gebou?”

* Intussen is die spanning ook op ander plekke in die Matjhabeng-munisipaliteit aan die oplaai.

Inwoners by Bronville sê mense het die naweek handgemeen oor standplase geraak.

Onwettige grondbesetters het by Bronville en Odendaalsrus grond beset wat reeds geoormerk was vir Hop-huise.

Daar was reeds begunstigdes se name op lyste van die departement van menslike nedersettings.

Dié begunstigdes en die onwettige grondbesetters raak nou slaags omdat die begunstigdes glo reeds jare wag vir standplase.

Thsepo Davids,’n ANC-gemeenskapsleier, het op sy Facebook-blad foto’s van die besetting by Bronville geplaas.

Hy sê dit is tyd dat mense die grond kry wat hulle toekom.

’n Ingeligte bron sê die ANC-koukus in die munisipaliteit is baie ontevrede omdat Speelman volgens inwoners die besettings aanmoedig.

Daar word wyd bespiegel dat ’n mosie van wantroue Woensdag teen Speelman ingedien gaan word.

By al vier plekke waar grond in die gebied beset is, het die plakkers gesê Speelman het gesê hulle mag die grond beset.

Meer oor:  Harmony Gold  |  Grondgryp  |  Grondbesetting  |  Besetting  |  Skadevergoeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.