Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Boere desperaat om vee op te veil

Desperate veeboere wend hulle tot aanlyn veilings om hul ondernemings aan die gang te hou, te midde van die nuus dat nóg gevalle van bek-en-klouseer aangemeld is.

Die regering se landwye verbod op veeveilings sedert vroeg Desember as ’n voorsorgmaatreël om die verspreiding van bek-en-klouseer te verhoed, het die rooivleisbedryf verlam, maar die maat­reëls blyk ondoeltreffend te wees om die verspreiding van die siekte te voorkom.

Nou probeer selfs tradisionele afslaers en agente om deur aanlyn en virtuele veilings hul ondernemings aan die gang hou.

Rapport verneem Vleissentraal Bosveld tref nou voorbereidings vir so ’n veiling dié week en produsente is gevra om videomateriaal te stuur van diere wat onder die hamer moet kom.

Waar die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) aanvanklik die veilingverbod ondersteun het, doen hulle nou ’n beroep op die regering om die verbod in minstens agt van die nege provinsies op te hef.

Die DA steun dié versoek.

Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van RPO, sê die gebied in Limpopo waar positiewe gevalle van die hoogs aansteeklike siekte sedert 1 November geïdentifiseer is, is gelokaliseer en die gebied kan geïsoleer word, sodat die res van die land op sekere voorwaardes na normaal kan terugkeer wat betref veeveilings en lewendehaweskoue.

Die RPO het die tegniese komitee oor bek-en-klouseer gevra om ’n beleid te finaliseer waarvolgens die veilings hervat kan word.

Meer oor:  Veeboere  |  Bek-En-Klouseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.