Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Armoede op platteland: Waar is die regering?

Die inwoners van plattelandse dorpe sal moet saamwerk om hul ekonomieë te red, maar nie almal glo dat die regering veel sal help nie.

Mohammed Bhabha, direkteur van die In Transformation Initiative, en Vusi Khanyile, ’n boer en direkteur van die Thebe Investment Corporation, gesels oor die herlewing van die platteland. Foto: Alet van der Walt

’n Paneelbespreking oor die herlewing van die platteland is op Nampo, onder leiding van Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, gehou, waar die bekommernis oor die verval op die platteland duidelik geblyk het.

Leona Archary, waarnemende direkteur generaal van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Theo Venter, ’n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, Requier Wait van Agri SA, Mohammed Bhabha, van die In Transformation Initiative, en Vusi Khanyile, ’n boer en direkteur van die Thebe Investment Corporation, was deel van die paneel.

Mohammed, wat betrokke was by wetgewing oor plaaslike regering, sê groot foute is gemaak toe ’n nuwe stelsel vir plaaslike regering in 1996 ontwikkel is.

Hy sê ook daar is ’n tekort aan ingenieurs en dit het tot probleme binne munisipaliteite gelei. Die politieke wil bestaan nie om munisipale bestuur te verbeter nie.

Venter sê verstedeliking is ’n gewone neiging wêreldwyd en dat mense na dorpe en dan na stede beweeg.

Hy sê gemeenskappe is vervreemd van politici wat dorpe beheer en mense op die platteland sien politici as oneerlik.

Khanyile het aan die gehoor gesê meer as ’n miljoen werksgeleenthede op plase het sedert die 1970’s verlore gegaan en dit het bygedra tot armoede en die verval van die platteland.

Boere het vooruitgegaan, maar die res van die gemeenskap se lot het nie verbeter nie.

Venter sê die hele gemeenskap moet saamwerk om dinge te verbeter, maar omdat brugbouers in gemeenskappe nie kan sien dat daar ’n positiewe uitkoms sal wees nie, doen niemand moeite nie.

Boere het vooruitgegaan, maar die res van die gemeenskap se lot het nie verbeter nie.

Daar het ’n groot verwydering tussen mense en die regering gekom en daar is nie meer sosiale kohesie nie, sê Archary.

Jacqui Taylor, stigter van Agri Toerisme SA en ’n lid van die gehoor, het tydens die bespreking gesê sy glo nie die regering moet aan die stuur wees van ’n veldtog om die platteland te laat herleef nie.

Taylor sê entrepreneurskap is noodsaaklik om die platteland te red. Dorpe het rondom landbou ontstaan en daarom moet boere entrepreneurskap steun.

Mohammed sê die regering moet net ’n gesonde omgewing skep waarbinne ondernemings kan floreer.

Wait glo plattelandse sakelui moet kyk na maniere waarop hulle geld in die plaaslike ekonomie kan hou.

Die benutting van sonkrag en ander nywerhede wat plaaslike ekonomieë kan diversifiseer, is noodsaaklik, sê Wait.

Meer oor:  Nampo  |  Platteland  |  Paneelbespreking  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.